Gepubliseer .
Die jongste groeisyfer van 1,2% vir die bruto binnelandse produk (BBP) in die derde kwartaal van 2012 is geen verrassing nie. Die BBP poog eintlik maar net om ’n weerspieëling van die hoeveelheid ‘werk’ wat gedoen is, te wees – as mense nie nuttig besig is nie, sal die syfer swak doen. Die stakings in die mynbedryf en vervoerbedryf in die derde kwartaal van 2012 het talle mense uit die werk gehou en die primêre sektor van die ekonomie was, seisoenaal aangepas en teen ’n jaarkoers, 7,1% kleiner as wat dit in die voorafgaande kwartaal was.
Hoewel BBP-syfers geensins as die laaste woord oor ekonomiese toestande en algemene welvaart geag moet word nie, kan dit wel as ’n ruwe gids asook vir sektorale analises gebruik word. Lees verder ‘BBP-syfer geen verrassing – bly wisselvallig’
Gepubliseer .
Daar word in finansiële publikasies dikwels van Suid-Afrika as die “grootste ekonomie in Afrika” gepraat. Dit is ’n goeie reklame-sinnetjie vir die land, omdat dit ’n eenvoudige (hoewel nie noodwendig korrekte) antwoord bied op die vraag: “As ek in Afrika wil belê, waar moet ek eerste begin kyk vir geleenthede?”
Die twee Afrikalande wat die naaste aan Suid-Afrika kom wat die grootte van die lande se bruto binnelandse produk (BBP) betref, is Egipte, gevolg deur Nigerië. Lees verder ‘SA dalk nie meer lank grootste ekonomie in Afrika’
Gepubliseer .

Die jongste syfers oor die bruto binnelandse produk (BBP) is vandeesweek deur Statistieke Suid-Afrika bekendgestel. Hoewel daar eintlik oormatig op BBP as maatstaf van ekonomiese aktiwiteit gefokus word, is dit tog nuttig om te ondersoek, selfs al het dit talle gebreke. Die groeisyfer van een kwartaal tot die volgende is die een waarin daar gewoonlik die meeste belangstelling is. Vir die tweede kwartaal van 2012 was hierdie groeisyfer 3,2% – ’n noemenswaardige verbetering op die eerste kwartaal van 2012 se 2,7%. Lees verder ‘Sonder mynbou lyk BBP-groei nie goed nie’
Gepubliseer .

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit het in Februarie die sywaartse tendens van byna twee jaar voortgesit. Die indekssyfer van 134,4 is slegs sowat 2% hoër as April 2010 se vlak van 131,8.
Die aanwyser is ʼn samestelling van 12 verskillende veranderlikes wat aandui wat waarskynlik in die toekoms met die Suid-Afrikaanse ekonomie sal gebeur. Lees verder ‘Leidende aanwyser beweeg steeds sywaarts’
Gepubliseer .
Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) is ʼn organisasie wat tans uit 34 lande met relatief hoë gemiddelde lewenstandaarde bestaan. Die lidlande van die OESO is gesamentlik vir sowat 55% van die wêreld se ekonomiese aktiwiteit, gemeet aan die bruto binnelandse produk (BBP), verantwoordelik.
Hierdie lande stel elkeen afsonderlik ʼn leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit saam. Hierdie 34 aanwysers word dan gekombineer volgens elke land se ekonomie se relatiewe grootte, en ʼn gesamentlike leidende aanwyser word dan verkry. Hierdie aanwyser voorspel tydperke van bogemiddelde ekonomiese groei en ondergemiddelde groei (nie noodwendig resessies nie) redelik goed. Dit neem gewoonlik sowat ses tot nege maande voordat dit wat met die OESO se leidende aanwyser gebeur, ook met werklike ekonomiese aktiwiteit in die OESO-lande begin gebeur.
Lees verder ‘OESO se leidende aanwyser draai’
Gepubliseer .
Daar was reeds talle artikels in die dagblaaie oor die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2011 wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is. Oor die algemeen is die sentiment op grond van die verandering in die laaste kwartaal, negatief.
In plaas daarvan om slegs die jongste veranderinge in die BBP-syfers te ondersoek, word hier ʼn bietjie langer perspektief gegee, deur te kyk na die vlak van BBP voor die resessie tot nou.
BBP staan vir “bruto binnelande produk” en is ʼn poging om die waarde van alles wat binne Suid-Afrika se landsgrense geproduseer en verhandel word, te bereken. Dit gee ʼn aanduiding van die ekonomiese aktiwiteit binne ʼn land. As ʼn ruwe gids: hoe hoër die BBP-syfer, hoe beter sal die materiële lewensstandaard van die mense van die land wees.
Lees verder ‘BBP voor die resessie en nou’