Sleutelwoord Argief vir 'Afrikaner'

Daar is geen “uitverkore volk” nie

Daar is ‘n paar brokkies inligting wat ek wens ek in sekere mense se keel kon afwurg of hulle oop zip en hulle gedagtes vervang met myne. En dit is dat mense moet besef dat die Afrikaner die “‘n uitverkore volk” is nie. Pragtige idee ja en taamlik maklik om te glo. Volgens die breë opinie sit ons as ‘n minderheid in ‘n Filistynse heiden land vol gruwelike misdadigers en handlangers en ‘n nie-Christelike regering, ons kultuur en herkoms is grootliks gebaseer op die Christendom en die stryd van Bloedrivier is nie sommer vanself gewen nie. Maar my liewe Afrikaner, ons is nie gekies om alleen gered te word nie. Lees verder ‘Daar is geen “uitverkore volk” nie’

Die raaisel van Siener van Rensburg

Siener van Rensburg, in 1864 gebore en op 61 jarige ouderdom oorlede. Beskryf as ʼn “Boodskapper van God”, ʼn Goddelike volksprofeet en soms ook deur kritici beskryf as ʼn waansinnige ongeletterde boer wat universele profesieë maak wat moeilik interpreteerbaar is. Afrikaners oor die algemeen glo sy profesieë, alhoewel soms skepties, glo meeste Afrikaners die woorde wat die man gespreek het.

Tot ʼn mate glo ek dat Siener van Rensburg ʼn opregte man van God was, hy het ook dikwels aan Christiaan de Wet en Koos de la Rey raad gegee. Met elke groot gebeure in Suid-Afrika gaan grou elke getroue Afrikaner visioene van Siener op om die situasie te verklaar. Eugene Tereblanche is met ʼn panga vermink en vermoor, en soos verwag het ek ʼn omsend e-pos ontvang met die nuutste profesie wat waar geword het:
Lees verder ‘Die raaisel van Siener van Rensburg’

Liewe Afrikaner

Liewe Afrikaner

Een se sukses is dikwels ‘n ander se brood, ons is onder die wanpersepsie dat elke Afrikaner dieselfde moet dink en onder een sambreel met een stem moet praat. Dit klink goed, en ek is seker daar is dan sjokolade riviere en goue appels te vinde waar mens dit gaan regkry. Die realiteit, sonder twyfel of aarsel, is dat die Afrikaner juis nog altyd uiteenlopende gevegte geveg het wat dikwels of Groot trek suksesse behaal of soms Roelf Meyer teleurstellings veroorsaak het.
Lees verder ‘Liewe Afrikaner’

Ideologie in ‘n neutedop

Ideologie. Waaraan dink jy as jy dit hoor? Dis ‘n unieke denkraamwerk waarmee jou visie en verwagtinge op so manier gevorm word sodat die dinge om jou vir jou sin maak. Soos asem haal, mens besef nie noodwendig jys besig daarmee nie maar tog is jy. Ideologie is sekerlik een van die grootste rolspelers in ‘n persoon se lewe. Dis seker so mengsel van kultuur, gemeng met ‘n knippie taal, ‘n koppie herkoms en ’n bak vol kinderlewe en ondervinding en siedaar, jy het ideologie. 
Lees verder ‘Ideologie in ‘n neutedop’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube