Gepubliseer .
Oom Koos van der Merwe het geweier om by die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria opgeneem te word vir ‘n heupvervangingsoperasie omdat die hospitaal se opname vorms net in Engels beskikbaar is. Volgens oom Koos het hulle gesê hulle kan hom net opneem as hy ‘n Engelse vorm onderteken. Dit is glo ‘n besluit van Life se hoofkantoor. Lees Beeld en Rapport. Radio Rosestad vertel die storie.
Sluit aan by Faceboekgroep: Oom Koos en Engelse vorms by die Life-hospitaal
Lees verder ‘Oom Koos en Engelse vorms – gaan sê jou sê vir Life’
Gepubliseer .
Afrikaans is kosbaar maar nie vanselfsprekend nie. Dit is hoekom Solidariteit selfs hof toe gaan om die taal te beskerm. Die beskerming is dan ook tot voordeel van die ander tien landstale. Luister RSG se Spektrum en Radio Pretoria. Lees Beeld. Kyk SABC2 nuus. Lees artikel in Beeld middelblad deur Flip Buys en Cerneels Lourens.
Die saak word nou na ander provinsies uitgebrei soos berig op RSG se Monitor.
Lees verder ‘Nog ʼn wen vir Solidariteit en applikant in taalstryd’
Gepubliseer .
Afrikaans. ‘n Taal met bobotie en biltong potjie. ‘n Taal met Laurika Rauch, Stef Bos en Dalene Matthee se Kringe in ’n Bos. Maar ook ‘n taal met “orkeste” soos f*kofpolisiekar, Snotkop en Melktertkommissie - wat nie noodwendig vir Afrikaans ‘n verlies is nie.
Lees verder ‘Jou taal is jou emosie’