Gepubliseer .

Dr. Blade Nzimande
AfriForum Jeug het al met meeste van die jeugleiers in Suid-Afrika te doen gehad. Malema is presies soos ons hom op die kassie ken – ’n anti-wit skatryk ideoloog wat voorgee om vir armes te baklei en hom nie steur aan feite as hy met jou argumenteer nie. Sasco se leiers erken dat moedertaalonderrig bevorder moet word, maar omdat studente tydens apartheid teen Afrikaans betoog het, is dit hulle plig om Afrikaans te haat. Die Jong Kommuniste Liga is nie so rassisties soos die ANC Jeugliga nie. Hulle is bereid om te luister na jou argumente. Hulle ideologie is meer op ekonomiese beginsels as op ras gebaseer.
Lees verder ‘Wat ek geleer het tydens ons uur met Blade Nzimande’
Gepubliseer .
Liewe Afrikaner- al is jy deesdae tipies liberaal, pro-nasiebou, anti-volkstaat en ver verwyderd van die realiteit af, wil ek net vra dat jy asb net jou kinders in ‘n Afrikaanse skool sit. Vergeet ideologie, vergeet politiek en hou op bang wees dit lyk soos ’n heimwee van apartheid. Vergeet dat die wêreld kamma Engels is en vergeet van die moontlikheid dat jy wil emigreer en sorg dat jou kind sy Afrikaner-identiteit op eis.
Lees verder ‘Sit jou kind in ‘n Afrikaanse skool’
Gepubliseer .

Dit is sekerlik onredelik om dienste in jou taal te eis, hoe kan ons dan verwag dat elke Absa tak ‘n wit dame met ‘n outydse kapsel by die teller moet hê, of elke Chicken Licken ‘n Afrikaanse stem het wat jou bestelling neem by die deurry-fasiliteit. En ek gaan tien teen my vier hoenderboudjies, halwe brood en koolslaatjie in Engels bestel. As ek ‘n dag in ‘n winkelsentrum spandeer is ek so uitgehonger vir geselskap in Afrikaans dat ek sommer met myself begin praat. Maar ek is nou moeg daarvoor, en dit is hoe ek gaan uitvind of ek onredelik is of nie:
Lees verder ‘Onredelik om dienste in Afrikaans te eis’
Gepubliseer .
My persoonlikheid is van so ‘n aard dat ek erg geïrriteerd raak wanneer mense dieselfde foute oor en oor maak. Dit is veral taalfoute (of sommer net slegte taalgewoontes) wat veroorsaak dat ek nie meer na sekere radiostasies luister nie (veral nie as ‘n sekere FNB-ekonoom kyk hoe die huismark ‘huidiglik’ lyk nie!) of ‘n sekere vrouestem op radio altyd verwys na ‘soos die Engelsman sê ‘ nie. Lees verder ‘Ek haat dit!’
Gepubliseer .

Van links Ernst Roets, Alana Bailey, Willie Spies en James Kemp van AfriForum by die hof.
Die saak oor die Pretoria-naamkwessie dien op 25 en 26 Maart 2010 in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria. Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, gaan die saak daaroor om regsekerheid te vestig oor die feit dat ʼn munisipale naam nie ʼn geografiese pleknaam is nie.
Lees verder ‘Pretoria bly Pretoria saak gaan voort’
Gepubliseer .
Die Kaap is Hollands en oom Koos gaan daar gelem word. Dit is nadat Die Wilgers Hospitaal, in Pretoria, geen Afrikaanse vorm vir hom kon verskaf sodat hy, vir ‘n heupvervanging, daar opgeneem kon word nie. Hy het die vorm self laat vertaal en hulle het geweier om dit te ontvang. By verre die meeste Afrikaners woon in Pretoria en in die ‘opvangsgebied’ van Die Wilgers bly hope Afrikaners.
‘n Beeld spotprent som die situasie op.
Lees verder ‘Oom Koos word in Afrikaans gelem, maar in die Kaap’