Sleutelwoord Argief vir '2 Februarie 1990'

Dan Roodt oor die stand van die nasie

d1
Die filosoof Dan Roodt was vandag op SABC2 se Morning Live. Hy het kommentaar gelewer oor die stand van die nasie. Hy het ook ʼn goeie samevatting gegee oor die week se debat  oor 20 jaar na 2 Februarie. Hy het ook bevestig dat FW nie baie vriende op die oomblik het nie.

Lees verder ‘Dan Roodt oor die stand van die nasie’

As dit nog apartheid was

F.W de Klerk, waarvoor gaan hy onthou word? As die man wat die leeu uit die hok gelaat het of as die engel wat op Suid-Afrika neergedaal het? Lees gerus sy hele 1990 parlament toespraak en besluit vir jouself hoe dit sou wees as dit steeds apartheid was. Ou F.W, uitstekende politikus met ‘n goeie sin vir humor, dalk was dit als net ‘n grap gewees en wou F.W net vir die grap gekyk het wat gebeur as mens ‘n land oorgee “for the greater good”. Hy is seker die enigste persoon wat nog ‘n Nobel-vredesprys ontvang het omdat hy opgegee het.
Lees verder ‘As dit nog apartheid was’

Mense vergeet tog so maklik…

Almal praat vandag oor daardie groot toespraak van FW de Klerk 20 jaar gelede. Vir baie mense klink dit na die logiese ding wat hy gedoen het. Baie ander mense, wat nog die omstandighede daardie tyd in die land onthou, sien weer sy toespraak in ‘n ander lig.

Ek dink egter die een ding wat te veel mense te vinnig vergeet het en waarvan die jonger geslag nie eers weet nie, is die aard van die die politieke bewegings 20 jaar gelede. Margaret Thatcher het reeds in 1980 na die ANC as ‘n terroriste-organisasie verwys. En sy was waarskynlik in 1980 heeltemal reg. Lees verder ‘Mense vergeet tog so maklik…’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube