Solidariteit stuur ope brief vir Zuma

Dirk skildery

Dirk Hermann van Solidariteit het ‘n Opebrief aan President Zuma  gelees.  Lees Open letter to President Zuma hier

Die brief is voor die skildery 19828 Grafskrifte vir Suid-Afrika   gelees wat geskilder is deur Salomi Prinsloo.

Mense dwarsoor die wêreld kan nou ʼn kykie kry na van die briewe wat sowat 40 000 Suid-Afrikaners aan president Jacob Zuma gestuur het om die regering te versoek om misdaad die nommer een prioriteit in Suid-Afrika te maak. Die Solidariteit Beweging het vandag ʼn mini-dokumentêre program op die videowebwerwe Stube.co.za en YouTube.com vrygestel, met die titel Die stories van Suid-Afrikaners wat die president nie wou hoor nie. Luister ook Solidariteitradio.

Jacaranda FM het berig.

Die mini-dokumentêre program is deur Solidariteit vervaardig nadat die Presidensie verlede week geweier het om 23 000 briewe te ontvang waarin Suid-Afrikaners hulle kommer oor misdaad met die president wou deel. ʼn Hoorbeeld met dieselfde titel is ook op Solidariteitradio vrygestel. Solidariteit het ook bekend gemaak dat die getal briewe aan president Zuma nou op 40 000 staan.

“Die dokumentêre program gaan oor regte mense en regte emosies. Van die briewe wat die president nie wou ontvang nie word in die dokumentêre program voorgelees. Misdaadslagoffers vertel ook self van hulle hartseer en pyn,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Die ankeraanbieder van die dokumentêre program is die sanger en akteur Steve Hofmeyr. Hofmeyr lees ook van die briewe voor. Gewone Suid-Afrikaners vertel egter ook hulle stories aan die president.

Dr. Duncan Prinsloo en sy vrou, Laetitia, is in die nag in hulle huis oorval. Hy vertel in die dokumentêre program dat sy vrou langs hom in hulle bed doodgeskiet is. Hy self is in sy rug geskiet en half verlam gelaat. Duncan is ʼn veearts wat ʼn groot bydrae tot die boeregemeenskap lewer.

Wim van den Bosch vertel aan president Zuma dat sy pa doodgeslaan en sy ma met ʼn mes doodgesteek is vir twee selfone.

ʼn Emosionele Lenika Snyman vertel dat drie gewapende rowers ʼn tienjarige tweeling van Midrand met vuurwapens teen die kop aangehou en toe hul pa voor hul oë doodgeskiet. Mnr. Kobus Snyman is in die hart geskiet. Sy ouer dogter, Lenika , en sy vrou, Leenette , het ook gesien hoe hy geskiet word.

Maria Rasello van Soweto vertel aan die president van haar dogter wat verkrag en so erg aangerand is dat sy later aan haar wonder beswyk het.

“Ons het besluit om die mini-dokumentêre program op YouTube vry te stel sodat gehore nasionaal en internasionaal na die mense se stories kan luister. Gewone Suid-Afrikaners wil vertel van hulle pyn, hartseer en vrees as gevolg van misdaad. Indien die Presidensie nie wil luister nie, sal die res van die wêreld luister. Ons gaan nie ophou praat nie. Ons eerste prys is om met die regering te praat,” het Hermann gesê.

In ʼn ope brief aan president Zuma skryf Solidariteit dat die briewe ʼn noodkreet van Suid-Afrikaners is. “Hierdie veldtog ontken nie dit wat die regering reeds aan misdaad gedoen het nie, maar erken die mense se gevoel dat misdaad nog buite beheer is. Mense vra, soos goeie demokrate moet doen: Asseblief, regering, doen nog meer; ons voel ons is in ʼn staat van beleg. Verklaar ʼn meer aggressiewe oorlog teen misdadigers.

Die boodskap wat die Suid-Afrikaners verlede week van die Presidensie ontvang het, is dat die president nie na hulle hartseer wil luister nie. Die Presidensie het die hartseer van die mense as ʼn publisiteitsfoefie afgemaak. Die 23 000 briewe wat Solidariteit aan die president wou oorhandig, was van regte mense, met regte emosies en opregte kommer. Talle van die briewe het hulle lojaliteit aan Suid-Afrika bevestig. Dit was dus ʼn positiewe aksie deur positiewe Suid-Afrikaners.

“Meneer Zuma, ons wil graag mense se frustrasies konstruktief kanaliseer. Hierdie veldtog is ʼn positiewe veldtog om Suid-Afrika ʼn beter plek vir almal te maak,” skryf Solidariteit in die ope brief.

Solidariteit het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nog briewe aan president Zuma te stuur deur die webbladsy www.geagtepresident.co.za of deur die woord “misdaad” gevolg deur ʼn kort boodskap per sms na 35960 te stuur.

Foto’s van die mense wat in die video verskyn, sowel as skakels na al die relevante items is op www.solidariteitmedia.co.za beskikbaar.

Die dokumentêre program kan op www.stube.co.za en you tube  besigtig word.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Cristel Roux-Milligan

    Nelson Mandela said : ‘Never, never and never again shall it be that this beautiful land will again experience the oppression of one by another.’ How is it possible that it all went so terribly wrong ? Madiba, can you hear us, can you help us ?

  • Jan de Lange

    Ek het in 2003 toe ek in RSA was die korrispondensie hier onder met Kallie Kriel gevoer en het nog baie. Die onderstaande is die dag toe die kom huistoe veldtog geloots is. Hoe lyk dit nou na sewe jaar?? Ek sien die uitmoor van die Boer Volk op baie facebooks en die erge geweld aansporing van die Swartes en muslims vanaf Indonesie VSA Sudan, Somalie ens ens se facebook. Ek kry ons geliefdes baie jammer en dit sal net erger owrd na die sokker.

    Geagte Mnr. Hermann

    Ek is n oz burger en kuier reeds n paar maande hier. Ek was vir 2 jaar nie hier gewees nie en ons het 6 jaar gelede ons tasse gepak en vertrek na Adelaide Suid Australie.Ek my sekretaresse en seun was op die dag van die verkiesing (1994) deur 4 swartes met wapens in my kantoor beroof en om die minste te sê dit was geweldig troumaties.Ek het ook my Fabriek in zim verloor deur mogabe.

    Ek het baie na u kommentare geluister oor R. Pretoria en al die dinge waarmee Solidariteit mee besig is.Ook na die veldtog wat u die afgelope week geloots het met die kom Huistoe.Het ook na die webwerf gekyk.Het ook die nuus en kommentaar van Mev. Visser geluister die Apteekster van Perth.Ek is van mening dat sy n baie groot aanpassings probleem ondervind het.Die dinge wat sy gesê het van die skole die lewenskoste ens. is baie onwaar.Ook u stelling dat dit in die buitland 10 maal duurder is (ek glo dit hang af waar jy is) is ook nie waar nie.Ek praat van ondervinding in Australie.Ek woon in Brisbane en daar is duisende Afrikaners net in ons gebied. In Australie is 200000 SA Kaners.In Perth alleen is 50000.In elke dorpie is daar baie Afrikaners.Ek noem n paar wat ek van weet.Childers n klein dorpie aan die ooskus was 4 jaar gelede net 1 en nou is daar 40.In Townsville 1500 km bokant Brisbane is daar 400. Ons het van tyd tot tyd n saamkom waar gebraai en gekuier word dan is daar 3 tot 4 honderd en dit word gereel deur die Afrikaanse klub.

    Ons koop groente by padstalle waar niemand dit beman nie en die blik met geld staan daar waar jy jou geld ingooi en ook jou kleingeld self vat.Stop in die dorp en los die sleutels in die kar met wat jy gekoop het op die sitplek met oop vensters as dit dalk te warm is. Ek het in Julie verledejaar n groot opperasie in n privaat Hospitaal gehad en dit het R 110000 gekos. Medicare het daarvoor betaal.

    Ek moet sê dat ek geweldig geskok is om te sien wat hier aan die gang is.Dit gryp n ou aan die Hard.Ek hoop u het geluister met die bekentstelling van u komhuistoe aksie na die ander wat net daarna gepraat het oor Radio Pretoria.Die ou wat na sy werkers by Mamelodie gegaan het en toe deur swartes aangeval en beroof is.Het na die Polisiestasie daar gegaan en die polisie het gesê hulle kan hom nie help nie want hy het maar net betaal wat hy moet en wat hulle toekom.Daarna het n spreeker van die Christen Demokrate gepraat en onder andere gesê dat volgendejaar tree die wet in werking dat 51% swartes van alle BESIGHEDE in diens moet wees.Hy het ook gesê dat deur die aksie sal 1 miljoen blankes hulle werk verloor.

    Ek vra maar net.Waarna lok u mense terug? Wat is daar wat u ons kan aanbied? Of dan nou Suid Afrika? Ek is Afrikaner in murg en been en sal so doodgaan.U het nie meer n land nie maar ek het wel waar nie teen my gediskremeneer word nie en waar ons nie agter tralies en geweldige sukiritiet lewe nie wat ook maar soms nie help nie.2 tot 3 Boere word elke week geskiet en daar word niks aan gedoen nie.

    Gaan kyk maar by Milpark besigheidskool na die groot getalle wat die Engelse toetse skryf om dan die land te verlaat.
    Die SA Kaners/Afrikaners is goed ingelig van wat hier aan die gang is.Ons sou graag in ons land wou bly maar die geweld moord regstellende aksie die gryp van plase en dit wat Max du Preez sê dat SA gaan ook gezim word en baie ander probleme wat teen Wittes gemik is maak dat die land leeg sal loop en dit is die groot gevaar vir ons.

    Ek vra maar net!!!!

    Groete en Sterkte ons is in die Reformed Kerk waar 60% Afrikaans sprekendes is.Daar kom nog gereeld nuwe gesinne aan.Hier vertrek 5 gesinne vanaf Brits permanent in volgende maand na Brisbane.

    Jan de Lange

    Beste mnr. De Lange

    Baie dankie vir u reaksie op ons veldtog en u geduld met ons lang stilte. Die reaksie op die veldtog was tot dusver oorweldigend. Ons is realisties en besef ons gaan nie binne maande ‘n “nuwe, verbeterde SA” daarstel nie, maar akkurate inligting oor hoeveel hooggeskoolde Suid-Afrikaners weg is of wil gaan, help in onderhandelinge met die owerheid en besigheidsleiers om verbeteringe te probeer daarstel. Intussen is ons hulp en advies beskikbaar aan almal wat reeds terug is of reeds besluit het om terug te kom. Ons praat niemand om om te bly, te gaan, of terug te kom nie, maar help mense hopelik om ingeligte keuses te maak en as hulle terugkom, maklik in te skakel.

    Die kommer wat u uitspreek is seker in die harte van die meeste regdenkende Suid-Afrikaners. Ek het in die afgelope jaar persoonlik 10 keer met misdaad te doene gekry – 9 inbrake en 1 poging om my motor te steel. Ek was ook in ‘n ernstige motorongeluk met ‘n bees omdat die draad aan die kant van die pad gesteel is. Tog moet ek erken dat my ervaring van die polisie se reaksie hierop in al tien gevalle baie positief was. Na die ongeluk het die polisie op Winburg (1 wit konstabel en 2 swart sersante) ons selfs na ‘n hotel vervoer, gehelp dat ons ingeboek word, ons bagasie versorg en ons bespreking by ‘n hotel in Bloemfontein gekanselleer en die bestuurder omgepraat om ons nie vir die kansellasie te laat betaal nie. Dit is sulke ervarings wat my hier laat bly en my deel van die projek maak. ‘n Mens moet gedurig kla en werk aan dalende standaarde, want stilswyende aanvaarding gaan ons nêrens bring nie.

    Mense kom terug om vele redes – weer, omvermoë om aan te pas, verlange na familie, oorlog (veral nou die ouens in Dubai en Saudi Arabië), werkloosheid (veral VSA en Duitsland), en nog vele meer. Geen land is sonder probleme nie, maar as iemand gelukkig aangepas het, is ons bly en glo ons hy kan ook ‘n ambassadeur vir SA in die vreemde wees.

    Ek gee u reaksie oor u ervarings in Australië deur na die webmeester en hoop hy kan dit op ons webwerf se Nuus-funksie plaas. Dis goed om die positiewe én negatiewe van Australië te hoor.

    Hou gerus kontak met ons en laat weet as u enige vrae het.

    Vriendelike groete
    Alana Bailey
    Kom Huistoe-Veldtog

  • Michael van wyk

    Ek stem saam betoog by die sokker ,dit sal n paar besluitmakers laat notisie neem

  • Mike Hartley

    As ons president nie ernstig is oor misdaad nie, dalk moet Solidariteit hierdie boodskap by wyse van plakkate, ensomeer uitdra by die sokker stadiums tydens die Wereldbeker?

  • Michael van wyk

    Presedent Zuma show the criminals you are serious about crime let the people of south africa vote on the death penalty for serious crimes like murder,car jacings and armed roberies.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube