Solidariteit raak net betrokke as hulle die nuus haal.

 

'n Groep elektriese studente by Sol-Tech voltooi hul akademiese kursus.

Vandag vang ʼn sms in die Beeld my oog: “Solidariteit raak net betrokke as hulle die nuus haal”. Vir die vriende wat naby aan die Beweging is en deel is van die sosiale media is Solidariteit al ʼn lewenswyse. Elke dag moet daar net meer en meer gebeur vir die vriende, ondersteuners en lede. Hulle is die aktiviste.  Vir vreemdelinge soos wat die sms gestuur het lyk dit of Solidariteit net in die nuus wil kom. In Maart het ek ʼn blog geskryf: Wat het Solidariteit vir jou die afgelope week gedoen.?

Solidariteit as Beweging bestaan in kort uit AfriForum, Helpende Hand, Sol-Tech en Solidariteit die vakbond. Op hulle eie loods die filiale talle veldtogte en inisiatiewe.

Sol-Tech met sy opleiding van meer as 500 studente elke jaar in skaars en kritiese ambagte is nie elke dag in die nuus nie. Hul opedag is op 11 September en gaan deur meer as 1000 voornemende studente en ouers bygewoon word. Die geleentheid word grootliks geadverteer deur “word of mouth” bemarking. Die geleentheid staan nie op die voorblaaie van die koerante nie maar Solidariteit weet wat is die ernstige tekort in die ekonomie en in die land vir ambagsmanne.

Helpende Hand het onlangs sy 100ste tak in ʼn dorp gestig. In elke gemeenskap word selfdoen en selfsorg aangemoedig. Groot moeite word gedoen dat gemeenskappe hulself kan bemagtig. Daar is ook ʼn vroue in aksie gestig wat die vroue in die land gaan mobiliseer en ʼn positiewe momentum gaan veroorsaak.

AfriForum het ʼn Bly Net en Kom Huis Toe veldtogte. Dit raak betrokke by munisipale kwessies. Dit is ʼn burgerlike waghond wat blaf as iets nie reg lyk nie.

Solidariteit as vakbond het ʼn infrastruktuur van 17 kantore oor die land. Daar is meer as 50 organiseerders wat na lede se belange kyk en oor die 2 000 verteenwoordigers (shop stewards) in die werksplek. Regsdienste met sy meer as 30 litigante en personeel is die grootste arbeidsregspraktyk in die land.  Solidariteit Regsdienste het in 2009 meer as R108m vir lede ingesamel met regsaksies.

Lesers kan gerus deur die Solidariteitblog lees. Hier is baie stories wat nie in die koerante staan nie maar waar die Beweging op sy stil manier betrokke raak om sy lede se belange te beskerm en te kyk vir oplossings. Solidariteit vertolk ʼn leierskaprol. Leierskap beteken jy oefen invloed uit. As jy invloed uitoefen is daar noodwendig konfrontasie met mense en partye wat met jou verskil en dan kom jy in die nuus.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • FLIP VAN RENSBURG

    Daar gebeur soveel dinge wat die lede van Solidariteit regstreeks raak tyd en spasie is beperk om oor alles verslag te doen.
    Sover ek weet is Solidariteit vakbond n sambreel vir verskeie projekte wat die welsyn gesondheid, opleiding, beskerming ens, en doen die meeste vir bejaardes en armes, daarby staan hul oud lede by wat hul werk deur afleggings verloor ..{helpende hand}
    SOLIDARITEIT JULLE MAG SPOG MET WAT JULLE VERMAG .. HOU SO AAN
    EK IS TROTS OM N LID VAN SOLIDARITEIT TE WEES
    …:FLIP

  • Paul

    Dis nogal grappig. Mense wat nie Solidariteit se eie nuusbriewe ontvang nie, weet nie eers van die helfte van die goed wat Solidariteit doen nie, juis omdat hulle net die goed lees wat wel die algemene nuus haal.
    Indien die persoon wat die SMS gestuur het nie self by Solidariteit betrokke is, en dus meer weet as wat in die media staan, nie, is dit ‘n sirkelredenasie.

  • Joey Vente

    Die man wat die SMS gestuur het is regtig nie baie inglig nie. Ek wil voorstel dat hy betrokke raak by Solidariteit en by Helpende Hand. My man is betrokke in Secunda by altwee en ek kan getuig van die verskil wat daar deur Solidariteit en Helpende Hand gemaak word. Ek weet van gevalle waar daar van kos tot ykaste en mikrogolfoonde aan mense in nood gegee word. Dan is daar nog die hulp wat hulle aan mense gee wat probleme in hulle werkopset kry. Mense wat hulle werk sou verloor, as dit nie was vir die hulp wat aan hulle gegee word deur die Unie verteenwoordigers nie. Niks van dit word wyd en suid versprei nie. Ek het die grootste waardering vir Solidariteit, sonder hulle en Richard Spoor, sou die mense wat in die ontploffing in 2004 by Sasol verseker net aan die kortste end getrek het, maar hulle het vir die mense met raad en daad bygestaan. Die bietjie wat in die media oor die saak uitgesaai was, was net dit tip van die ysberg. Solidariteit, Agriforum is werklik daar om ons gewone man op straat se saak te stel. Ek het net waardering vir julle! DANKIE!!!

  • Hannes Du Randt

    Dis is goed om te sien solidariteit help suid afrikaners wat deur die regering geteister word, soos in die geval met bees roux is daar heel duidelik groter goed soos bedrog en korupsie wat oopgevlek gaan word en is n politieke liggaam nodig om te verseker dat die feite nie toegesmeer word nie. Soos bv hoekom is die metro manne wat saam met die dooie ou was nie al geskors nie. Ek hoop suid afrikaners wat al afgepers kom na vore sodat al die korupte metro manne verwyder kan word, ek persoonlik dink bees is n slagoffer wat hom self moes beskerm en ongelukkig het die ou beswyk




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube