Solidariteit en sosiale media

 

Sosiale media bied Solidariteit-lede en -ondersteuners die geleentheid om met die Solidariteit Beweging in verbinding te bly. Die hartklop van die vakbond en sy filiale, AfriForum en Helpende Hand, is net ʼn Facebook-groep ver.

Die Solidariteit Blog word elke dag bygewerk met die jongste nuus wat die Beweging raak. Die nuus verskyn ook op die Beweging se Facebook-groepe en op Twitter.

Word ʼn vriend van Solidariteit op Facebook by http://www.facebook.com/solidariteit.

Solidariteit Radio saai elke weeksdag uit vanaf 12h00 by www.solidariteitradio.co.za. Programme kan na die tyd afgelaai word. Die volgende programme word op weeksdae uitgesaai:

Maandae: Mense op Maandag
Dinsdae: Dinsdagforum
Woensdae: Wêreldwyd op Woensdag
Donderdae: Dirk op Donderdag
Vrydae: Perspektief en In Solidariteit

Solidariteit het sy eie videoplatform, sTube, by www.stube.co.za. Die Solidariteit Beweging se video’s is ook op YouTube (http://www.youtube.com/solidariteitsa) te sien.

Die Beweging kan op Twitter gevolg word by http://www.twitter.com/solidariteit.

Kyk na die jongste foto’s op Flickr by http://www.flickr.com/solidaritysa/.

Die vakbond se elektroniese nuusbrief, Soldeer, verskyn weekliks in Afrikaans en Engels. Teken in op die nuusbrief by http://nuusbriewe.soldeer.co.za/.

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube