Die Solidariteit-blog is ʼn platform vir debat oor aktuele kwessies. Die menings wat op hierdie webblad uitgespreek word is dié van die individue en nie noodwendig die mening van Solidariteit as organisasie nie.
Solidariteit streef daarna om ʼn sekere styl en standaard te handhaaf in alles wat ons doen. Solidariteit se beleid is dat ‘bloggers’ geloofwaardige en gesaghebbende meningsrubrieke skryf, gegrond op diepte-navorsing en ʼn gehaltebeheerstelsel wat beoordeling deur kenners op die betrokke terrein insluit.
Kommentaar op Solidariteit-blog:
- Solidariteit verwelkom lewendige debat en deelname deur ons lesers, maar verwag dat bydraes aan standaarde van billikheid en goeie smaak sal voldoen.
- Kommentaar moet op die onderwerp gefokus bly en nie aanstoot gee nie.
- Hou kommentare kort sodat soveel moontlik mense dit lees, anders sal kommentaar gewysig word.
- Geen ander webbladsye, kwessies of veldtogte mag as kommentaar op die Solidariteit-blog gelaai word nie.
- Solidariteit behou die reg voor om enige kommentaar te wysig of te verwyder indien dit in Solidariteit se mening nie by dié riglyne bly nie.
Solidariteit se blog word baie wyd gelees en Solidariteit kan dus nie toelaat dat die meerderheid se kuierervaring op Solidariteit-blog deur enkelinge bederf word wat hulle aan persoonlike aanvalle of beledigende taalgebruik skuldig maak nie.
Hierdie standpunte poog om die Solidariteit-blog met die beste internasionale praktyke van suksesvolle webbladsye te belyn.
Alle diensnavrae moet gerig word aan diens@solidariteit.co.za of skakel 0861 25 24 23.
