Die Sol-Tech akademiese jaar het vandag begin. Sowat 300 eerste en derde jaar studente het aangemeld. Dit het my laat terugdink aan 1990 toe my studies op die Puk begin het. Dit was so ewe 2 Februarie 1990 en FW de Klerk het aangekondig dat hy Nelson Mandela gaan vrylaat en die ANC gaan ontban. Die destydse rektor en grootbroer Carools Reynecke het dit die grootste dag in die land se geskiedenis genoem. Ek het besef die vorige twee jaar diensplig wat ek gedoen het was gemors en ek kon al eerder by die Puk aangemeld het.
Kyk STube video.
Luister na Solidariteitradio onderhoud met Elbie Liebenberg.
Gister braak Max du Preez weer gal in die Rapport. Sy grootste tydverdryf is om Afrikaners te haat. Wat ek egter moet hom saamstem in sy artikel is dat daar nie ʼn oorlog sal wees nie. Dit weerhou Afrikaners egter nie om hulself jammer te kry nie en instansies soos Sol-Tech te begin nie. Hier is die enigste Afrikaanse tegniese kollege wat ambagte oplei in Afrikaans. Na die opening vra ek enkele studente hoekom hul hier kom studeer het en hul antwoord is omdat dit in Afrikaans is. Hier by Sol-Tech studeer jy en kry jou sertifikaat. Harde werk word beloon met ‘n gesogte kwalifikasie.
Die Sol-Tech fasiliteite was nog nie 100% klaar gebou vir die opening nie. Dit word egter kontant gedoen deur Solidariteit se Groeifonds en is binne ʼn maand voltooi. Die lekker was egter om in jou eie plek te sit. Ons die lede het dit gedoen en moontlik gemaak. Dit is in antwoord op die behoefte na ‘n groter fasiliteit.
Die ouens wat twintig jaar na 1990 hier is, is om te bou en nie te breek nie. Hul vaardigheid word egter nie altyd waardeer nie en dan neem hul dit na ʼn ander plek.
Kollega Charl Oberholzer was ook daar en het berig.
- Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech
- Pa en seun


























Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.