Kom speel saam by die haatspraakstadion…

In die afgelope maand is vyf plaasboere in Limpopo vermoor.  Dit lyk ook asof die regering nie te erg bekommerd hieroor is nie, want in in dié provinsie is die opgradering van die Peter Mokaba sokkerstadion tans ’n groter prioriteit.

Dit is nou die einste Peter Mokaba wat bekend geword het vir sy slagspreuk: “Kill the Boer, kill the farmer”.  Dit is dieselfde Peter Mokaba wat die bestaan van MIV ontken het.  Dit is ook dieselfde Peter Mokaba wie se uitlatings deur die Menseregtekommissie as haatspraak bevind is en wat deur Julius Malema as ’n rolmodel beskou word.

AfriForum het ’n skrywe aan FIFA gerig, waarin beswaar aangeteken word dat die FIFA 2010 wêreldbeker-stadion in Limpopo na Meter Mokaba vernoem is.  Sedert Mokaba begin het om mense met sy slagspreuk tot moord op boere aan te hits, is reeds meer as 2000 plaasboere in Suid-Afrika vermoor.  Peter Mokaba se ontkenning van die bestaan van MIV, het ook daartoe bygedra dat Suid-Afrika vandag die hoogste MIV-syfer in die wêreld het (meer as 10% van die bevolking is MIV-positief en byna een miljoen mense het al weens die virus gesterf).

“Sou FIFA ooit toelaat dat sokker gespeel word in ’n stadion wat na Adolf Hitler vernoem is?” het Kallie Kriel gevra.  Vir enige iemand wat al deur MIV of misdaad geraak is, behoort dit onaanvaar te wees dat hierdie stadium na Mokaba vernoem is.  Ons moet ’n sterk protesstem hieroor laat opgaan!

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Van Den Heever

    Laat ons tot God bid dat hy ons bewaar.

  • Van Den Heever

    Lqaat ons tot God bid sodat hy ons bewaar rteen die Goliat.

  • Nadia

    Dit breek ‘n mens se hart as mens dink hoe mense probeer om hulle self te verbeel dat hierdie net gaan oorwaai!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Hierdie is ‘n realitiet wat besig is om met ons te gebeur, elke inbraak en moord is net een stappie nader aan elkeen van ons!!!! En die ding is hoe meer die “onwaarskeinlike” gebeur hoe minder is ons geskok oor nog ‘n Oom en Tannie/ Ma en Pa wat vermoor is.

    Ek wonder partykeer wat dit sal vat om sekere mense in ons land wakker te laat skrik?? Ja ek is ‘n Afrikaner en Wit, maar ek weet ook dat enige ander ras (maak nie saak van kleur of afstammeling) wat nie saam met hierdie nie demokaratiese regerende party gaan staan nie, saam met ons uitgewis gaan word.

    Dit klink baie dramaties as ‘n mens al hierdie in een sit, maar die punt van die saak is dit is ‘n BAIE GROOT PROBLEEM!!!
    *****En dit klop aan elke een van ons se voor en agter deur(of breek deur die venster)!!!
    En die vraag is wat gaan JY doen oor die geklop/gebreek, gaan jy soos 80% van die mense in die land dit ignoreer en dan as dit met jou vra maar hoe het ek dit nie gesien kom nie? Of gaan jy begin om jou stem dik te maak.

    Ek stem honderd persent saam met almal hierbo, en ek wil ook weet “toets” hulle ons met van hierdie uitsprake om te kyk hoe ver hulle ons kan stoot? En wat kry hulle……………stilte??? So dan vat hulle die volgende stap en stuur hulle skoot hondjies(a.k.a Malema) uit om die volgende belaglike komentaar uit te blaf!!!!! EN weer bietjie reaksie maar dan weer ………….stilte!!!!
    Die VF+ en die ander wat probeer opstaan is difinitief nie stil nie, maar wie staan agter hulle????
    Daar is ‘n klomp mense in die land wat baie te se het as dinge met hulle gebeur of naby aan hulle maar as dit kom by opstaan en saam staan.
    Staan hulle gerieflik terug en wys vingers na die simpel wit boer of “dutch” wat nou weer hulle naam “gat” maak.
    Halo jou dom brood…hulle staan op vir al daardie mense wat jy ook verloor het en ook vir jou!!!
    So hoe “sad” is hulled an as hulle namens jou ook moet praat watnt jy het nie die “guts” om dit self te doen nie!!!!!!!!!!!!!
    Maar jy moet maar gerieflik terug staan en niks se nie, want ons sal maar nog daar wees om aan jou te dink as dit met jou of jou geliefdes gebeur en om daaroor te skryf en te se dat ons jammer is dit het gebeur, want ons is werklik jammer!! Ons is ook jammer dat jy nie die rugraat gehad het om saam te staan nie!!

  • Betsy Gibson

    “O JA” ek’t vergeet om by te voeg dat ek ook ‘n slagoffer was van ‘n aanval deur ‘n spul swartes in ‘n taxi in Piet Retief, op ‘n sondag oggend terwyl al die Blankes uit die NG Kerk kom brood koop het by die Spar. My seun was maar 5jr oud en as ek nie gegil het dat Spar se bestuurder my kind moet kom haal dat hy dit nie hoef te sien nie, was hy dalk vandag dood gewees. Die ironie van alles was dat al die blanke mans in hulle mooi karre gesit het en nie een het ‘n vinger gelig om my te help nie. Al wat dit vir my sê en na gisteraand se storie oor Carte Blanche is dat ons as vrouens en kinders nie ‘n katse kans het teen wat voorlê nie.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube