Smartvrate

Ek het ‘n kleintjie dood aan smartvrate!

Diegene wat altyd hulle hartseer storie vertel sodat jy met ‘n simpatieke oor moet luister.

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie…

Ek kry mense maklik jammer. Ek het verseker simpatie met mense in nood. Mense wat weens omstandighede in een of ander penarie beland het. Mense wie se lewens in ‘n oogwink verander het en hulle met groot hartseer agter gelaat het.

Ek praat nie van hulle nie. Ek praat van diegene wat oor dekades heen dieselfde treurmare vir almal wat wil luister, vertel.

Oor en oor. Telkens. Altyd!

Hierdie mense wíl nie uit hulle foute leer nie! Hulle verwag van ander om hulle met raad en daad by te staan maar steur hulle nie aan ‘n woord wat gesê word nie! Dit bly maar altyd dieselfde storie wat saam met ‘n ander sousie opgedis word. Hulle wil nie oplossings vir hulle probleme vind nie. Hulle wil nie sonder hartseer wees nie. Hulle wil heeldag treur en jammer gekry word.

Smartvraat, vir jou wil ek sê: Ruk jou reg. Moenie omkyk nie! Moenie aan die verlede vasklou nie. Aanvaar jou verantwoordelikhede. Kyk die lewe vierkantig in die oë en beweeg vorentoe.

Voorwaarts mars!

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • AndréV

    Klink soos die storie van Afrika.

  • martie

    Ek noem dit: “slagoffer mentaliteit”, hierdie smartvrate wat voel die wêreld skuld hulle iets.

    Ag nee – al weer! Bitterbek Smartvrate “Ag tog”




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube