Die goudmaatskappy Simmers het ontstaan nadat die myner DRDGold op 22 Maart 2005 die hekke van sy Buffelsfonteinmyn gesluit het en homself laat likwideer het. Die meer as 6400 werkers is aan hul eie genade oorgelaat. Kyk die volledige storie op STube. Dit video bestaan uit ses dele skokkend maar tog wys dit dat die werkers kon deurdruk.
Uit die wrak het Simmers herrys. Daar was ander aanbiedinge vir die mynbates maar die werkers en hul vakbonde het Simmers ondersteun. Nou skryf die gerekende joernalis Barry Sergeant: Simmers, First Uranium on deathwatch. Met goeie rede. Simmers het sy wortels vergeet.
Wie was die mensewat die myngroep van ʼn zero na ʼn hero geneem het. Sy werkers. Vanjaar is heelwat van die vakbonde se tyd opgeneem om Artikel 189 afleggings te beveg. Sukses is behaal. Die interne geveg met die SEB vennoot pootjie Simmers lelik. Verder help dit ook nie as Gordon Miller die maatskappy op afstandbeheer uit Kanada uit bestuur nie. Kyk wat het met Lonmin se aandele prys gebeur toe hy sy Londen hoofkantoor verskuif na Suid-Afrika. Dit het geweldig gestyg.
Gold Fields en Anglo Gold Ashanti se aandeleprys het onderskeidelik 107% en 97% in $ terme gestyg vanjaar. Die goudprys is tans bokant R270 000/kg. Simmers is in dieselfde besigheid. Sy aandeel kan weer herstel. Die tyd het eerder aangebreek dat die SEB vennote verder op die agtergrond geskuif word en dat die werkers bemagtig word met aandele-opsies. Dit is wat eerstens moes gebeur het toe hul die Simmers pad begin stap het en die maatskappy ondersteun het.
Aangeheg is foto’s van die Stilfontein-voeding wat nog nooit gepubliseer is nie.

































Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.