SAPD sy eie grootste vyand

SAPS-tapeDie Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD), wat gaan deur jou gedagtes wanneer dit hoor? Dalk ‘n herinnering van hoe jy ure op ‘n misdaadtoneel gesit en wag het vir ’n ridder in ‘n wit en blou motor om op te daag net om vir jou te sê dat hy die gereedskap vir die neem van vingerafdrukke vergeet het? Of dalk ‘n sagte nolstalgiese gevoel van die keer toe die Polisie jou nie gesien steel het nie maar jou wel die volgende week toegesluit, mishandel en emotioneel verniel het omdat jy “een glasie wyn teveel gedrink het” voor jy huistoe bestuur het.

Dalk is my perspektief onobjektief en die uitsondering op die reël. Maar wat is die aglemene realiteit van die effektiwiteit van die SAPD? Onkundig en besmet met regstellende aksie beleide of is dit ‘n instelling wat onder enorme druk moet funksioneer en op alle vlakke soveel moontlik probeer doen?

Ek wil agter die kap van dié byl kom, en ek gaan. Vrydag middag om 12:00 op www.solidariteitradio.co.za gaan ek die algemene kennis van Polisiebeamptes toets en hulle onverwags met ‘n paar vrae bestook. Ek gaan met Polisiewoordvoerders (hulle praat nie uit een mond nie) gesels en dan hoor ons hoe gewone mense onder die swak diens van die Polisie moes deurloop.

Debat, humor en ondersoekende joernalistiek is al hoe die waarheid gaan uitkom. Los jou kommentaar hier op die blog dan lees ek dit ook more op die program.

Wat is jou perspektief oor die SAPD…???

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Moira

    Charl, dit was ‘n insiggewende program. Dit is duidelik dat ons self verantwoordelikheid vir ons veiligheid sal moet begin neem. Ek het sommer direk na die program by AfriForum 911 aangesluit en dit is net die eerste stap. 19 Mei is oppad en ek sal voor in die ry staan om die aksie te ondersteun en my stem dik te maak teen misdaad.

  • Dawid Luus

    Ek was 14 jaar in die polisie en is tans in die besigheids wereld. Ek is van mening dat die Polisie van een politieke skuif stuk verander het tot die volgende politieke been van huidige regering. Daar is so baie onkundige personeel in possisies geplaas wie nie die ondervinding of die vermoee het om hierdie poste te beklee nie. Verder is dit nepotisme wat aan die orde van die dag is en word kundigheid met net nog n onkundige persoon vervang. Die rede is egter en ook soos in my geval geen oog op bevordering omdat ek wit was {omgekeerde diskriminasie}. Ons met die kundigheid is lank nie meer deel van die organisasie wie nie kon bekostig het om hierdie personeel te verloor nie. Verder gaan die huidige regering en ontbind spesiale eenhede soos moord en roof ens., sonder grondige redes wat veroorsaak dat jou julle intelligensie netwerke daarmee heen is bv. informante oor misdaad ens.
    Verder word gemeenskappe belieg deur die polisie oor misdaad statistiek en word syfers gekook sodat die werklike toedrag nie bekend word nie. Die Polisie is lank nie meer in beheer van misdaad nie en as jy gaan kyk na die term If you can not fight them, join them….dalk hoekom so baie polisie betrokke is by misdaad self. As n Suid Afrikaner en oud lid skaam ek my vir die polisie hoe dit nou gaan…Die saamtrek in Bloemfontein van Polisie lede was n tipes voorbeeld hoe swak die gedrag is en die totale ongedisiplineerdheid van mense na wie ons moet opsien indien ons hulle nodig het. Bloemfontein se strate was besaai met dronk polisie offisiere, vleis wat aangekoop was vir die spesefieke funksie in die vorm van beeste was gesteel ens. Meneer, dit is dieselfde mense wie jou moet beskerm en moet optree teen misdaad. Ek is jammer om te se dat hier wag nog n lang pad van hartseer en verdriet teen die stryd teen misdaad en is ons ope teikens vir misdaad.

  • Charl Oberholzer

    http://www.solidariteitradio.co.za/?p=6488 Luister hier na die ondersoekende program perspektief waar die SAPD se swak diens ontbloot is.

  • Petrus

    Probeer(bid) maar, maar wees verseker die wind waai wes, het die JOOD destyds op Springbok voor n biddag van reen gese. Wat mense nie lekker aldag begryp nie is dat in 1994 het hierdie land weg beweeg van n Westerse waardestelsel en verbintenis(manier van dink) na n Afrika modus wat verder gekruis is met n Russies/Chinese kommunistie denkwyse. Die logika is moedswillig en sinister anders. Dit wat jy se is nie dit wat jy doen nie, die wet word aangewend om jou geheime agendas uit te voer. Die grondwet is net n gebruiksartikel (tussenfase) vir die uiteindelike beplande bose doelwitte. As daar probleme is lieg jy jou uit die situasie of ontken die probleem of skuif dit aan. Dis n geval van “To many crooks spoil the broth” en dit geld in n groot mate vir die hele land tans.

    Die tragedie is egter dat hierdie paradigma deur Afrikaner organisasies en Afrikaanse pers help skep en bemark is en nou neuk hierdie Utopia wat voorgehou is as werkbaar al in die verkeerde rigting, soveel so dat n slagting onafwendbaar blyk te wees.

    Om hierdie ding reg te draai gaan n MENEER kos en ek sien nie so-iets op hierdie ondermaanse horison van die NSA nie.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube