Hier sit ek as leunstoel boer en speel “Farmville”. Alles het begin met die blog: Wat moet jy in 2011 plant? Nou het die vakbond al ʼn Landbouseminaar aangebied oor die mieliekrisis. Die voorste kenners, boere en landbou-unies is gekry om ʼn mening te gee.
Besoek mens egter Landbou.com dan besluit 75% van die sowat 300 deelnemers dat hul mielies gaan plant die nuwe seisoen. Nadat ek verlede Vrydag na die kenners geluister het sal ek as Farmville-boer nie net mielies plant nie. Boere moet drasties minder plant maar ook die volgende seisoen se oes se pryse verskans op Safex. Daarvoor was professor Johan Willemse en Jozeph du Plessis wat boer by Schweizer-Reneke se aanbiedinge te oortuigend.
Lees Landbou.com dat boere moet saamstaan. Luister 702.
Kyk SABC2 en kyk Net Nuus en e24.
Lees: The Witness. Die Financial Mail haal ‘n Standardbank ekonoom aan dat tot 30% mielieboere in die moeilikheid kan beland.
Luister na die volledige seminaar. Klik op die skakel na wie jy wil hoor.
Johan Kruger het die inleiding gedoen.
Die seminaar het begin met Dirk Hermann wat Gerrit se Mielie storie vertel het. Luister na die hartroerende verhaal.
Daarna het Jozeph du Plessis die tafel gedek met die probleem maar ook oplossings.
Die kenners vir die dag was professor Johan Willemse. Wat ʼn briljante lesing het hy nie gegee nie. Hy is ʼn meester op sy vakgebied.
Graan SA het daarna hul aanbieding gedoen. Luister deel2. Dit is opgevolg deur die van TLU SA se aanbieding. Daarna was ʼn bespreking en slotopmerkings.
Johan Willemse sluit af. TLU SA sluit af. Jozeph du Plessis sluit af. Graan SA sluit af. Dirk Hermann groet.
Nou weet almal wat is die uitdaging en dit is in die boere se hande om ʼn verskil te maak.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.