Rigtinggewende artikel deur Pik Botha

Van tyd tot tyd wys die pen nog sy mag en verskyn daar artikels wat werklik ‘n impak op die toekoms het. Chris Louw se laaste rubriek voor sy dood was amper so-iets. Vandag skryf oudminister Pik Botha so ‘n artikel in Beeld met die opskrif: “Ons kon die voet stewiger neersit.”

Gaan lees gerus die artikel hier.

In kort is dit niks anders as ‘n opspraakwekkende erkentenis dat die Nasionale Party ‘n beter skikking vir minderhede moes onderhandel het nie. Dit moes baie moed en durf van dié oudminister gevat het om so ‘n eerlike, rigtinggewende artikel te skryf.  Gee die keiser wat die keiser toekom!

Dit lei egter tot die vraag: Wat nou? Ek dink die antwoord hierop lê by die krag van burgerlike organisasies en die burgerlike samelewing se bereidheid om tot aktivisme oor te gaan. Die onderhandelinge is lankal verby. Ons weet ook nou dat beter regte vir minderhede onderhandel moes word. Dit is hoekom dit belangrik is dat die burgerlike samelewing beter moet organiseer om vir taal-, kultuur- en regte in die arbeidsmark, die reg tot veiligheid (lees beskerming), ens. te veg en met die regering daaroor te onderhandel.

0 Reaksies op “Rigtinggewende artikel deur Pik Botha”


  1. Geen kommentaar nie

Lewer Kommentaar




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube