Polmed kry weer bloedneus

Regsdienste het Dinsdag weer vir Polmed op hul plek gesit in die hof. Hou lank nog voordat hul die boodskap kry? Sien ook vorige blog. Luister  na Johan Kruger van  Regsdienste. Lees Beeld.

Ondertussen is die polisievakbond Sapu ook nie gelukkig op die manier waarop Polmed bedryf word nie.

Solidariteit beklink oorwinning: Polmed se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys

Die vakbond Solidariteit het vandag die tweede agtereenvolgende oorwinning teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se mediese fonds, Polmed, behaal. Dit volg nadat Polmed se aansoek om verlof tot appèl met bestrawwende koste van die hand gewys is. Polmed het vandag ʼn aansoek om verlof tot appèl gebring nadat die Hooggeregshof in Pretoria op 17 November in ʼn aansoek om tussentydse regshulp ten gunste van Solidariteit beslis het dat 88 lede namens wie Solidariteit in die saak optree steeds lede van Polmed mag bly.

Daar is voorts beslis dat Polmed ook lede se eise wat sedert Maart, toe die fonds hul lidmaatskap gekanselleer het, nie betaal is nie, terugwerkend moet betaal. Lede se lidmaatskap is intussen steeds nie herstel nie.

Polmed het Solidariteit vroeër vandeesmaand in kennis gestel dat die mediese fonds teen die uitspraak van tussentydse regshulp gaan appelleer. Solidariteit het egter op sy beurt dit onder Polmed se aandag gebring dat hierdie tussentydse regshulp nie appelleerbaar is nie.

“Dit is duidelik uit Polmed se optrede dat die fonds kwaadwillig daarna streef om die proses so veel moontlik te vertraag en lede se regte te misken,” het Nic Arnold, hoof van Solidariteit se regsafdeling, vandag gesê. “Die hof het egter vandag toegesien dat daar in die belang van die 88 applikante in hierdie saak opgetree word en die aansoek is van die hand gewys.”

Solidariteit se oorspronklike aansoek om dringende, tussentydse regshulp in April vanjaar het gevolg nadat Polmed ʼn aantal oudpolisielede se mediesefondslidmaatskap summier opgeskort het. Dit was nadat lede geweier het om verantwoordelikheid te neem vir ʼn verhoogde premie waarvoor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), ingevolge die werknemers se diensvoorwaardes, reeds jare lank betaal.

Arnold het vandag gewaarsku dat as Polmed nie onmiddellik die 88 lede se lidmaatskap herstel soos wat in die uitspraak van 17 November beveel is nie, Solidariteit ʼn dringende aansoek om minagting van die hof by die Hooggeregshof sal bring ten einde te verseker dat die hofbevel deur Polmed uitgevoer word.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Reint Dyekma
  • Rene

    Wie is aan die hoof van Polmed ?

  • Annelize

    Bogenoemde twee skrywers slaan die spyker op die kop!! Die administrateurs van die fonds is ‘n spul amateurs wat GEEN kennis het van wat lewensgevaarlike toestande is en wat nie!Daar moet “pelle” of “boetie-boetie” agente wat besluit oor lede se gesondheid. Ek sukkel nou al vir meer as twee jaar om toestemming te kry vir ‘n gevaarlike breuk-operasie (op my bo-buik let wel) en dit is nou kwansuis kosmeties!!
    En dan as dit by rekeningbetalings kom aan verskaffers is hul wragtig besig om te speel vir tyd sodat die eis tydperk kan verval en jy dan verantwoorderlik gehou word vir die rekening!! Baie,baie,baie sleg!!

  • Tionette

    Dis nie net die oud lede wat sukkel nie. Selfs die aktiewe en voortsettings lede sukkel. Polmed is besig om met die spoed van lug agteruit te gaan. KYK NET NA DIE 2010 VOORDELE “GEMORS”.

    Die Polmed reëls melding maak van hoe lank voor die tyd die skema lede moet inlig ten opsigte van verandering in hul voordele vir die volgende jaar – hulle was nie eens naby aan die datum/ tyd nie.
    Baie lede was reeds met vakansie was toe die 2010 POLMED reëls aan hul gekommunikeer is.Hierdie lede het by terugkeer van vakansie nie opsie verander omdat hul ook in afwagting was van die uitkoms van die vergadering tussen POLMED en SAPD.

    My vraag is hoe dit moontlik is dat enigiemand die besluit van die Registrateur kan “overrule” – 4/2/1 skrywe van Naskom gedat 2009-12-21 – dat alles op ys geplaas word en dat 2009 se kontribusies en voordele tot verder kennisgewing van krag moet bly en dat die uitslag gekommunikeer sal word oor verwikkeling tussen SAPD en POLMED .
    Dit het verwagting by lede geskep t.o.v. Polmed voordele en bydraes vir 2010 – sedertdien (2009-12-21 is nog geen kommunikasie van die werkgewer of Polmed ontvang nie)

    Die lede word ook benadeel gedurende hierdie tydperk wat die “2009″ reëls veronderstel is om te geld – Polmed is veronderstel om van 1 Januarie 2010 tot en met hede (nie amal het toegang tot die webblad en niemand is ingelig dat nuwe inligting op die webblad verskyn nie -’n paar lede het gekyk toe hul let dat daar verkeerde bedrae van hul salarisse verhaal word vergeleke met dit wat nog eintlik moet geld) nog die 2009 reëls toe te pas indien hul streng volgens die instruksie van Naskom moet optree -(onthou Polmed het reeds geld aan sommige lede terugbetaal en het ook die einde Januarie 2010 die 2009 bydrae gehef (dit is veronderstel om nog so te wees want die wysiging eers op 1 Februarie 2010 afgeteken is). As ek nie van beter geweet het, sou ek kon sweer dat Polmed “iemand” persoonlik ken by die kantoor van die Registrateur wat veranderinge op fondse afteken te manipuleer ???
    Die voordele soos bv Spesialis tandheelkunde was eers nie goedgekeur vir lede op die Laer Plan nie -(mag sekere voordele nou afgekeur word net omdat iemand op die Laer Plan is.In 2009 is die voordeel betaal en volgens die skrywe van Naskom (4/2/1 gedat 2009-12-21)dit IS hoe Polmed dit moet toepas.
    Hoe kan Polmed dan met die “heflte” van die implementering weggekom as hul nie veronderstel was om dit so te doen nie?

    Die Hoër Plan se Inkomstekategoerieë is aangepas en verminder! Die Laer Plan se Inkomstekategorieë is hoër as die van die Hoër Plan – dit maak eenvoudig nie sin nie – Wie het hierdie som gemaak en hoe is die berekening gedoen. Daar is slegs R2 verskil tussen die Hoër en Laer Plan se “hoogs besoldigde inkomstegroep” maar die vlakke verskil? My vraag is ook, wie van die lede van die Raad het die kennis om besluite te neem oor goed van hierdie aard???
    Is hierdie mense “Board of Trustees”regtig ernstig oor die toekoms van Polmed of doen hulle dit(bywoon van vergarderings)net vir die geld wat hulle vir elke vergadering wat bygewoon word kry en al die ekstra geld wat hul “score” met reis en verblyf en dan nog belastingafslag eis vir hierdie kilometers wat hul as “amptelik” ag???
    Tot op hede is geen wysiging van die reëls nog nie gekommunikeer, maar daar is wel nuwe aftrekkings op salarisse “Persal” vir Februarie 2010 en nou ook skielik agter stallige ledegeld wat verhaal word.
    Ek voel dat daar Polmed lede onder vals indrukke geplaas is – Hoe de joos kan aftrekkings implementeer word as die wysigings van die reëls nie gekommunikeer is aan lede sodat hul besluit kan neem ten opsigte van die plan waarop hul wil/moet wees – POLMED kan mos nie net die status quo op alle lede toepas en aanneem dat dit ‘n lid se opsie is wat hy/sy sou uitoefen?

    Lede het ook nog nie kans gehad het om hul Opsie Seleksie uit te oefen omdat hul gewag het vir die “finalisering van same-sprekinge tussen POLMED en die SAPD” soos gekommunikeer in die skrywe van die kantoor van die NAsionale Kommissaris en al die lede word nou finansieël benadeel, behalwe die “rykes” wat geld terugkry en mos natuurlik nie gaan kla nie want hul gaan nou baie minder in ‘n maand betaal.

    Hierdie R2 verskil forseer in werklikheid lede op die Laer Plan om na die Hoër plan te skuif – daar is geen fonds wat se verskil in bydrae so belaglik is soos die R2 nie!!

    Is daar niemand daar buite wat ‘n stokkie voor hierdie besigheid kan sit nie. Polmed was altyd HIERDIE MEDIESE fonds, is nou glad nie meer so seker van die saak nie, want jy as Polmed lid is eintlik te skaam om hardop te noem dat jou mediese fonds POLMED is.

    SAPD het geld vir makietie in Bloemfontein maar nie geld vir hul lede se belangrikste behoeftes – mediese voordele?

  • Stian Botha

    Ek het dit al genoem, maar ek gaan dit weer uitroep: “Viva Solidariteit, Viva!”
    Ek was die afgelope 22 jaar ‘n baie getroue rentmeester van my mediese fonds nl Polmed. Baie keer toe ek en my familie siek was, het ek met eie geld medisyne by ‘n apteek gaan koop, of eerder siek werk toe gegaan en my myself “gedokter” net om Polmed ‘n paar duisend rand elke jaar te spaar.
    Dit terwyl daar nog steeds lede is wat hul baba’s se melk, weggooidoeke en toiletware by sekere apteke bekom… Glo my, dit is die reine waarheid.
    Geen oud Polisielid wat nugter dink sal so ‘n goeie mediese fonds wil misbruik nie, omrede ons weet wat ons het.
    As Polmed wil geld spaar, moet hulle bietjie die ligte in al die donker plekke begin aanskakel, en ons oudlede uitlos.
    Hulle moet begin by sekere professionele praktisyns wat al teen Maart elke jaar die limiete van pasiente opraap. En kyk na Lede wat siekverlof misbruik, want dit is hulle wat die mediese fonds ook misbruik!
    Ek het gekyk na die lys van 88, en dit is opvallend dat almal “Boere Vanne” het…
    Kom nou Polmed, ons is nie dom nie!




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube