Protes radio

.Die radioporagram oor plaasmoorde trek nou by 1998. Nog 11 jaar om te gaan. Daleen het nou die naam van Sheila Marais, my Ma se goeie vriendin gelees van die plaas Newlands, Warmbad. Sy is een middag by die plaashek ingewag en vermoor.

Sy was ‘n vooraanstaande roosboer saam met haar familie. Die besigheid het uitvoer rose geproduseer en bekend gestaan as Rose Marais. Na haar dood is die plaas verkoop en boerdery gestaak.

My hart gaan vandag uit na  Oom Pieter, Rodney, Quntin en skoondogter Chantalle wat nooit haar wonderlike skoonma geken het nie.

Luister na die res van die program en die potgooie by Solidariteitradio.

Lees ook Beeld artikel.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube