Pak jou tas – die Groot Trek is op ons!

Terwyl derduisende Suid-Afrikaners reeds in die afgelope dekade en meer hulle tasse gepak het en landuit “gevlug” het, lyk dit vir my asof daar ‘n heel nuwe Groot Trek onder veral jong Suid-Afrikaners aan die gebeur is. Hulle pak wel steeds hulle tasse, maar hierdie keer kies hulle eerder koers na die platteland (en dit hier reg in Suid-Afrika).

Ek het in die afgelope twee maande drie jong gesinne teëgekom wat hierdie roete volg. Twee hiervan pak hulle stadskarre en trek plaas toe terwyl die derde na ‘n plattelandse dorp trek. Elkeen van hierdie paartjies lyk op die oog af na tipiese stadmense – die een is ‘n ingenieur, die ander ‘n rekenmeester, hierdie een ‘n joernalis en daardie een besig om sy MBA af te handel. En tog hunker hulle almal na een ding – om WEG te kom!

Is dit dalk die nuutste oplossing? Elkeen van die paartjies  met wie ek gepraat het, is vas oortuig dat die platteland en die plaas die ideale plek is om heen te gaan. Vir hulself om weg te kom van die gejaag en vir hul kinders om in beter omstandighede groot te word.

Maar is dit die antwoord? Word die waarde van die platteland nie dalk oorskat nie? Wie weet, maar ek moet erken – my hart trek ook op ‘n punt om eerder na die rustigheid van die platteland te vlug. (En nie ‘n dag langer vir byna twee ure aan die 30km tussen my huis en die werk voort te poer-poer nie!)

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Adriaan

    Ja, Ek sit nog in die stad. Verknog aan die huis wat uit die familie kom…

    Daar is groot veranderinge op die horison… Die dae van “TELE-COMMUTING” is hier. Ek hoef nie by die kantoor te sit nie, Ek kan al my ontwerp werk doen op die rekenaar waar ek toegang het tot VINNIGE intenet / SKYPE ens ens

    Ek dink die nuwe snelwee (en meegaande TOLPAAIE) gaan klomp mense se koppe swaai om wel uit te wyk en “remote” te werk.

    Ek het nie baas nodig wat my tyd op kantoor dophou nie.. eerder net my uitsette. Die kop swaai is wat ons werklik nodig het.

    AAS

  • M van Graan

    Dit is goed en wel maar waar kry jy werk, jy kan ook nie jou huis verkoop hier in oos kaap nie jy kry niks vir hom nie, wat doen jy as jou man nog 5 jaar het om af te tree, jy kan nie alles so los gaan nie. En is plase nie die eerste teiken nie, jy sal gedurig oor jou skouer moet loer, nee ek weet nie ons sal maar hoerhand moet vra.

  • Walla

    Ek/ons bly teee lekker op die platteland, ja, die groot geld is nie hier nie maar ek het….. n 4 s/kamer huis, swembad, 4x4wat ek enige plek kan ry sonder betaling,10 min van my werk af, baie vriende om sommer ongenooid by te gaan kuier( nie werks vriende } geestelike lewe,betrokke by baie organisasies…. sonder betaling, ek ken al my buure en omtrent almal in die omgewing,kan op n naweek sommer by enige van my plaaspelle n kuiertjie uitpak, en my kinders bly almal in die stad maar hulle weet waar hulle wortels le. NEE dis nie n “village” nie. 25 jaar my lekkerte.

  • White Refugee

    Baie interesant..

    Ai tog, dankie jy maak my bly. Ek loop so tien tree na my werk!

    Ek bly in a klein dorpie… Ek maak nie baie geld nie, party vrek min.. maar ek is gelukig, doen wat ek wil, is eerlik met die paar mense wat my wurms koop, en weier om vir enigeiemand te lieg om een cent van hulle besigheid te kry.

    Lyk my dit hang maar af wat a mens se prioriteite is… My vriendin het altyd gese.

    If you want what you have, you have what you want.

    If living a life of simplicity and sincerity, can make you happy, why bother with the testostorene superficiality of the ratrace?

  • Paul Louw

    As daar ‘n plaas is om na toe te trek is dit natuurlik baie lekker, maar die meeste van ons het nie daardie luukse nie. Trek na die platteland ja, as jy nog steeds jou werk waarvoor jy gekwalifiseer het of iets sinvol vanuit ‘n plattelandse dorp kan doen is dit sekerlik die opsie om te oorweeg. Miskien moet ons so nuwe dorpe identifiseer en so gou moontlik daarheen trek sodat ons ‘n nuwe toekoms daar kan vestig tot voordeel van ons kinders, wat hopelik beter bestuur kan word op die ou end as wat huidiglik aan die gang is.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube