Bladsy 90 van 291« Eerste...10899091100...Laaste »

ArgiefBladsy 90 van 291

AfriForum standpunt oor Bono

As die sterre in die land is kort dit net ʼn vonkie vir ʼn brand. U2 se Bono het ook nie op hom laat wag nie en hom ʼn kenner van bevrydingslydjies gemaak. Bono het volgens die Sunday Times Malema se: “Skiet die boere” liedjie ondersteun.

Steve Hofmeyer gee op Solidariteitradio sy standpunt.

Lees verder ‘AfriForum standpunt oor Bono’

Leuenaar!

Al loop die leuen nog so snel die waarheid agterhaal hom wel (Suid-Afrikaanse spreekwoord.)

Hoe vertel jy vir mense dat iemand dood is – al is dit nie waar nie?! Is dit net ek wat dit verskriklik vind?

Hoe gebeur dit dat iemand sulke ondeurdagte onsin versprei? Soek sy aandag? Wil sy kyk wat die reaksie is?

Ek verstaan dit nie!

Lees verder ‘Leuenaar!’

Jannie Odendaal lê strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela

Ons sal nie toelaat dat polisielede geïntimideer word nie ‒ Solidariteit

 

Adjudant-offisier Jannie Odendaal het vandag strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte gelê. Die vakbond Solidariteit het Odendaal, ʼn lid van die vakbond, bygestaan in die opstel en indien van klagte van dwarsboming van die gereg, aanranding asook roekelose en nalatige bestuur. Die klagte is vandag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien.

Lees volledige klagte. Asook elektronies. Luister Radio Pretoria.

  Lees verder ‘Jannie Odendaal lê strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela’

Jannie Odendaal lê vandag strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela

 

 Die vakbond Solidariteit gaan adjudant-offisier Jannie Odendaal, ʼn lid van die vakbond, vandag bystaan wanneer hy strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria indien.

Lees verder ‘Jannie Odendaal lê vandag strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela’

UV-rektor nooi jong beursdonateur vir ete

Suné (11) ontvang groen lig vir projek op kampus

 

Solidariteit Helpende Hand se jongste beursdonateur, Suné Zaaiman (11), is verlede Vrydag (4 Februarie) deur die Rektor en Vise-Kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, Professor Jonathan Jansen, vir ete genooi om na haar toekomsplanne te luister.

Lees verder ‘UV-rektor nooi jong beursdonateur vir ete’

AfriForum Jeug doen voorlegging oor moedertaalonderrig aan minister van hoër onderwys

 

AfriForum Jeug het gistermiddag, op versoek van die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, ‘n voorlegging oor die bevordering van moedertaalonderrig op tersiêre vlak by sy kantoor ingedien.  Die voorlegging bevat onder meer ’n wetenskaplik nagevorste uiteensetting van die positiewe impak wat moedertaalonderrig op die belange van leerlinge en die land inhou asook ’n voorstel oor hoe die befondsingsformule vir tersiêre instellings gewysig kan word om beter vir die bevordering van moedertaalonderrig voorsiening te maak.  Die voorlegging is in Afrikaans, Engels, Tswana en Zoeloe ingedien en is ook op www.afriforumjeug.co.za beskikbaar.

  Lees verder ‘AfriForum Jeug doen voorlegging oor moedertaalonderrig aan minister van hoër onderwys’

Bladsy 90 van 291« Eerste...10899091100...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube