Gepubliseer .
In Januarie se inflasiesyfers wat onlangs vrygestel is, het die kollig vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer na voedselinflasie se kant geskuif. Deur die loop van 2010 was die gemiddelde jaar-tot-jaar voedselinflasie sowat 1,4%, maar in Januarie het dit meer as verdubbel tot 3,1%. Dit is weliswaar nog nie ʼn kommerwekkende syfer nie, maar die potensiaal bestaan dat dit in die komende maande verder sal versnel.
In ʼn vorige artikel is dit duidelik gemaak dat kospryse, ten spyte van lae inflasie oor die afgelope jaar, steeds op ʼn hoë vlak is teenoor ʼn paar jaar gelede.
Lees verder ‘Voedselinflasie tel weer spoed op’
Gepubliseer .
President Zuma sê Afrikaners moet ‘n sielkundige tuiste vind waar hulle veilig is en die vryheid en vrymoedigheid het om dit uit te leef wat vir hul belangrik is. Dis mooi woorde van die president, maar dit bots ongelukkig met die dade van die regering. Mnr Zuma wys tereg uit dat dit vir Afrikaners as ‘n verspreide groep moeiliker is as vir hom as ‘n Zulu om ‘n grondgebied as tuiste te hê. Die Afrikaner se werklikheid is waar van talle groepe in die wêreld, wat as minderhede nie gebiedstuistes het nie. Daarom het die Verenigde Nasies, die Internasionale reg en versiende regerings hierdie probleem al lankal raakgesien en standaarde daarvoor ontwikkel. Die kern van hierdie beste praktyke is dat regerings nie net hierdie groepe moet verdra nie, maar dat daar ‘n verpligting op state rus om die tuistes waarvan die President gepraat het vir hulle te help skep. Terselfdertyd word regerings verbied om die bestaande tuistes en ruimtes wat hulle reeds het weg- of oor te neem.
Die artikel het die eerste keer in Beeld verskyn en is geskryf deur Flip Buys en Henk Schalekamp.
Leopald Scholtz het ook in Die Burger reageer met ‘n rubriek: Zuma praat mooi, maar waar is die dade?
Lees verder ‘Politieke vryheid is betekenisloos sonder kulturele vryheid’
Gepubliseer .

In Libië word honderde betogers doodgeskiet. Waarskynlik met wapentuig wat deur Suid-Afrika aan die Broeder Leier Muammar Gaddafi voorsien is. Gister het die DA dan ook bekend gemaak dat skeprskutter gewere en ammunisie ook voorsien is. Die minister ontken dat skerpskutter gewere voorsien is maar oor ander wapentuig verskuif sy net die blaam.
Lees verder ‘Misleiding op sy beste. SA het bloed op sy hande.’
Gepubliseer .
Regering se groei- en werkskeppingsteikens wensdenkery ‒ Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag die 4,4%-groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie in die vierde kwartaal van 2010 verwelkom, maar gewaarsku dat die volhoubaarheid van dié groeisyfers steeds wankelrig is. Dít volg nadat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die afgelope twee jaar, sedert die vlakke van 2008 vóór die resessie, slegs met 1,1% kon groei, wat die regering se teiken van 7% groei per jaar as wensdenkery ontbloot. Vervolgens is die regering se teiken vir werkskepping van 5 miljoen poste teen 2020, gemeet aan die huidige groeisyfers, waarskynlik net politieke praatjies en nie op realistiese vooruitskattings gegrond nie.
Lees verder ‘BBP: Groei goeie nuus, maar steeds wankelrig, maan Solidariteit’
Gepubliseer .
Wittes is gewoond om alleen aan die ontvangkant van regstellende aksie te wees. Bruinmense en veral die in die Wes-Kaap word ook nou betrek dat sowat 1 miljoen van die bruinwerkers daar oortollig is en moet verskuif volgens beplande wetgewing en Jimmy Manyi (In sy eie woorde op TV).
Die Burger waarsku vandag in ʼn hoofartikel teen die dwaasheid en sinistere plan. Ontleders waarsku ook dat die Werkplan ‘sal die ANC knou’. In Die Burger skreeu die ANC dadelik dan ook swart-gevaar taktiek. Asof die bruinmense nie vir hulself kan dink nie.
Luister SAfm en opvolg.
Lees verder ‘Die Kaap is kwaad’
Gepubliseer .
AfriForum het met verbasing kennis geneem van die ANC se aansoek om toetrede in die haatspraak-geding tussen AfriForum en Malema wat op 11 April 2011 in die Johannesburgse Hooggeregshof in aanvang gaan neem.
Willie Speis gee detail op Solidariteitradio en eNuus.
Lees Business Day en Sowetan.
Lees verder ‘ANC wil toetree tot Malema-hofstryd’