Bladsy 85 van 291« Eerste...1084858690...Laaste »

ArgiefBladsy 85 van 291

Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech

Paul van Deventer – Besturende Direkteur (links) wens Charl geluk. Regs is Philip Minnaar – Waarnemende Hoof van Sol-Tech.

Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech
Dit was ʼn groot uitdaging – nie net vir Charl de Beer, Sol-Tech se eerste dowe student nie, maar ook vir Sol-Tech, wat glad nie voorbereid was om vir gehoorgestremdes klas te gee nie. Maar, met die hulp van sy “tutor-tolk”, soos hy sy vriendin Leana van Rensburg noem, het albei verlede jaar as elektrisiëns gekwalifiseer.

Kyk Stube video van toe hul  derdejaar was.

Lees verder ‘Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech’

Bevolkingswerklikhede en opsies vir Selfbeskikking

 

Selfbeskikking is ʼn mooi woord. Trouens die woord alleen kan jou visie wees. Daar is baie gepraat op die blog oor Selfbeskikking.  As mens na ʼn kaart van Suid-Afrika kyk is die prentjie taamlik swart.  Die landskaart is 2001, dis die nuutste data en het verder negatief uit ʼn Afrikaner oogpunt ontwikkel wat die  Wes-Kaap betref.

Lees verder ‘Bevolkingswerklikhede en opsies vir Selfbeskikking’

Daar is “oorkonsentrasie” van bruines in Wes-Kaap, sê Manyi

 

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn video van Jimmy Manyi, voormalige direkteur-generaal van arbeid en huidige regeringswoordvoerder, op YouTube geplaas waarin hy sê daar is ʼn ooraanbod van bruin mense in die Wes-Kaap. Volgens Manyi werk die ooraanbod van bruines in die Wes-Kaap nie vir hulle nie. In die video sê hy hulle moet oor die hele land versprei word en hulle moet die oorkonsentrasie stop. Daar moet gekyk word waar in die res van die land ʼn vraag na bruin werknemers is.

Lees Die Burger en The Star

Luister Solidariteitradio.

  Lees verder ‘Daar is “oorkonsentrasie” van bruines in Wes-Kaap, sê Manyi’

’n Twyfelagtige rekord


In die ou Vlaamse stad Gent was daar verlede week ’n groot straatfees, met blaasorkeste, straattoneel en al, en as kersie op die koek studente wat ’n rukkie in die koue in hul onderklere rondgeloop het.

Die rede? België is wêreldkampioen. Die land het Irak verlede week geklop deur die langste in die geskiedenis sonder ’n regering voort te bestaan: 249 dae. En die einde is nog nie in sig nie. Niemand kon tot nou toe daarin slaag om ooreenstemming tussen die verskillende politieke partye te kry nie.
Lees verder ‘’n Twyfelagtige rekord’

ANC se haatliedjie-toetrede vandag in hof

Die ANC se aansoek om toetrede tot AfriForum se geding teen Julius Malema sal vandag, Donderdag 24 Februarie 2011 voor Regter Colin Lamont in hof 2B by die Suid-Gautengse Hooggeregshof aangehoor word.

 AfriForum staan die ANC se aansoek om toetrede teen. Dit is nog onseker of die TLU-SA se aansoek om toetrede vandag aangehoor gaan word

Luister RSG. Kyk eNuus.

Regering se werkskeppingsplanne futloos – sê Solidariteit

Solidariteit het vandag die minister van finansies, Pravin Gordhan, se pogings om werkskepping in sy begroting aan te moedig as futloos bestempel. Die regering se planne om nagenoeg R150 miljard in werkskeppingsprojekte te belê, sal nie ʼn noemenswaardige verbetering in die aantal werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners beteken nie.

  Lees verder ‘Regering se werkskeppingsplanne futloos – sê Solidariteit’

Bladsy 85 van 291« Eerste...1084858690...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube