Bladsy 8 van 302« Eerste...78910...Laaste »

ArgiefBladsy 8 van 302

Toet teen tol, veldtog op sosiale media

Die Solidariteit Beweging doen ʼn
beroep op alle Suid-Afrikaners wat nié aan Cosatu se protesoptog kan deelneem
nie, om van vandag tot eerskomende Vrydag op drie maniere teen die beplande
e-tolstelsel beswaar aan te teken.

As jy, soos ek, nie mal is oor
die idee van ʼn fisiese protesoptog nie kan jy steeds jou stem laat hoor deur
Solidariteit se beplande e-tolstelsel beswaar hierdie week.

Lees verder ‘Toet teen tol, veldtog op sosiale media’

Duimry

Ryloop is blykbaar nog ʼn algemene verskynsel in Suid-Afrika!

Ek sou reken dat dit deesdae te gevaarlik is om ʼn vreemdeling op te laai óf om jou lewe te waag om saam met ʼn vreemdeling in ʼn kar te spring.

Lees verder ‘Duimry’

Tolgeldverligting en hoër brandstofheffing

In sy jongste begrotingstoespraak het minister Pravin Gordhan aangekondig dat R5,75 miljard uit die staatskas aan Sanral oorgedra gaan word, sodat die Gautengse tolgelde teen ʼn laer vlak ingestel kan word as wat aanvanklik beplan is. In dieselfde toespraak het hy egter ook aangekondig dat die algemene heffing op brandstof (met die heffing vir die Padongelukkefonds uitgesluit) in 2012 met 20c per liter sal styg. Hierdie ekstra 20c per liter geld vir beide petrol en diesel.

Hierdie syfers op sigself is nie baie betekenisvol nie – na afloop van ʼn bietjie ontleding kan meer betekenis daaraan gegee word. Lees verder ‘Tolgeldverligting en hoër brandstofheffing’

Skuld: joune, myne, ons s’n

Skuld. Elke gesin weet dat as jy meer
geld uitgee as wat jy verdien, is jy vroeër of later in die moeilikheid.

Dieselfde beginsel geld vir regerings en
state. Daar is die saak natuurlik ingewikkelder. Regerings het binnelandse en
buitelandse skuld, en state se invoer kan groter wees as hul uitvoer – en dan
het hulle ’n handelstekort. Ten slotte is daar die gesamentlike skuld van alle
huishoudings van ’n land.

Lees verder ‘Skuld: joune, myne, ons s’n’

Aardse goed

Ons is soms so erg oor al ons goedjies. As ʼn waardevolle item breek, veroorsaak dit baie keer ʼn opskudding.

Vir wat?

Dit is aardse goed! Ons kan dit nie saamneem as ons die dag ons koppe neerlê nie. Tóg heg ons soveel waarde aan hierdie dinge…
Lees verder ‘Aardse goed’

Groeiplan se teikens hoër gedwing

Die regering se “New Growth Path” wat in 2010 bekendgestel is, hou voor dat Suid-Afrika se ekonomiese uitset tot en met 2020 met 7% per jaar moet groei. Dit is ʼn ambisieuse teiken, synde dat sulke groei nog nooit op ʼn volgehoue basis in Suid-Afrika behaal is nie. Volgehoue groei in Suid-Afrika is histories nader aan ongeveer 3,5% per jaar. Of dit sommer skielik na 7% verdubbel kan word, kan met reg bevraagteken word.
Lees verder ‘Groeiplan se teikens hoër gedwing’

Bladsy 8 van 302« Eerste...78910...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube