Bladsy 40 van 302« Eerste...1039404150...Laaste »

ArgiefBladsy 40 van 302

“Vakansie” in Europa

Die groot somervakansie het verlede week hier in Nederland begin, en gevolglik ook die “groot trek” van ’n paar miljoen Nederlanders na die son en hitte van Suid-Europa of eksotiese bestemmings soos Suidoos-Asië.

 

Die groot “ontspan” het begin, maar daar is gewoonlik eers meer spanning as gevolg van die voorbereidings vir die uittog of die totale chaos op Schiphol, oftewel Amsterdam Lughawe.
Lees verder ‘“Vakansie” in Europa’

Die lewe is te kort

Ek het die afgelope week net weer besef dat die lewe bitter kort is en dat nie een van ons weet wanneer God ons werk op die aarde as afgehandel ag nie. Ons het baie planne en drome, maar as dit jou tyd is, is dit jou tyd. My ma is een van die groep Suid-Afrikaners wat die afgelope drie weke in Mosambiek op ‘n uitreik was. Gisteroggend het ‘n tragedie die groep getref oppad terug na Suid-Afrika. Ek het die oproep vroegoggend gekry en my yskoud geskrik. Toe ek die foon neersit is ek deur ‘n vloedgolf van teenstrydige emosies oorweldig terwyl my bene vir omtrent vyf minute te jellie was om op te staan.
Lees verder ‘Die lewe is te kort’

Wanneer Wolraad Woltemade skielik Voldemort word

Wat ‘n juweel! Ek het hierdie week die geleentheid gehad om met ‘n groepie Afrikaanse tieners as deel van ‘n vakansieprogram te werk. In die sessie wat ons groep aangebied het, het ons probeer om ‘n trots vir Afrikaans by hulle te kweek. Dit is afgeskop met ‘n regte egte Afrikaanse weergawe van die bordspeletjie “30 seconds”. Ons het Suid-Afrikaanse karakters, flieks, musiek en items vir hierdie speletjie gebruik. Op die een kaartjie verskyn daar toe die naam “Wolraad Woltemade”. Baie mense ken die heldeverhaal van die man wat talle mense wat byna verdrink het, gered het op sy perd in die see, maar uiteindelik self toe verdrink het.

Noem dit maar die nuwe generasie of wat jy wil, maar iewers het arme Wolraad se storie plek gemaak vir die storie van Harry Potter en Voldemort. Die tiener verduidelik met alle mag en mening oor hierdie fliekkarakter en was uiteindelik so verstom om te hoor dat dit toe al die pad nie die slegte ou van die Harry Potter-stories is nie.

Lees verder ‘Wanneer Wolraad Woltemade skielik Voldemort word’

Gini-koëffisiënt kan mislei

Die Gini-koëffisiënt is ʼn term wat dikwels ter sprake kom wanneer onderwerpe soos armoede en ongelykheid bespreek word. Dit is deur ʼn Italiaanse statistikus, Corrado Gini, ontwikkel. Dit is ʼn syfer wat van nul tot een kan wissel. Hoe nader aan 1 dit is, hoe meer ongelyk is die verspreiding van die veranderlike wat gemeet word. Dit word meestal gebruik om die verspreiding van inkomste in ʼn samelewing te ontleed.

Die uitspraak wat deesdae dikwels gemaak word dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is, is gegrond op ʼn studie wat in 2009 vrygestel is. Die studie het bepaal dat Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt, gegrond op die Inkomste- en Uitgawe-opname van 2005/06, gelyk is aan 0,679. Dit is uiters hoog en dui op groot ongelykheid. Uit die staanspoor moet egter gesê word dat die “mees ongelyke land”-gevolgtrekking nie werklik hieruit gemaak kan word nie, aangesien daar talle lande is waarvoor geen Gini-koëffisiënt uitgewerk kan word nie weens ʼn gebrek aan data. Metodologiese verskille in die onderliggende data wat beskikbaar is, asook verskille in die metodologie waarvolgens die Gini-koëffisiënt uitgewerk kan word, bemoeilik selfs vergelykings tussen die lande waarvoor die syfer wel uitgewerk kan word.
Lees verder ‘Gini-koëffisiënt kan mislei’

Chrislam: Begin van nuwe Wêreldorde of Geloof van Draadsitters?

Chrislam is ʼn geloof wat in die 80`s in Nigerië gestig is deur Tela Tella. ʼn Tweede been is gestig deur Dr Samson Saka in 1999. Nadat hy ʼn pelgrimstog na Mekka onderneem het, is hy, volgens hom, deur God geïnspireer om vrede te maak tussen die Christene en Moslems. Die sekte erken beide die Bybel asook die Koran as heilige geskrifte. Sedertdien het dit wêreldwyd uitgebrei en raak al hoe gewilder in Amerika. Sondae stroom duisende Christene kerk toe om te luister na die Pastoor se preek uit die Bybel asook skriflesing uit die Koran. Is die twee gelowe versoenbaar of is dit ʼn geloof vir mense wat hulle manna aan albei kante van die draad wil optel?

Lees verder ‘Chrislam: Begin van nuwe Wêreldorde of Geloof van Draadsitters?’

White man you are on your own – Boitumelo Senokoane

Ek lees deur die toespraak van Boitumelo Senokoane wat in Beeld gepubliseer is onder: ‘Wittes se isolasie is hul eie skuld’ Hy is ‘n dosent in teologiese etiek by Unisa. Ek weet nie mooi wat dit beteken nadat ek deur sy toespraak is nie. Wat ek wel weet is dat ons nie op dieselfde papier is nie al bly ons albei in Suid-Afrika.

Luister na van sy aanhalings. Luister na AfriForum se reaksie.

  Lees verder ‘White man you are on your own – Boitumelo Senokoane’

Bladsy 40 van 302« Eerste...1039404150...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube