Bladsy 4 van 291« Eerste...34510...Laaste »

ArgiefBladsy 4 van 291

‘n Bang regering is ‘n goeie regering

Ek het onlangs die Harvard-historikus Niall Ferguson se nuutste boek, Civilization: The West and the Rest, klaar gelees en baie daaruit geput. Dit is ʼn monumentale stuk werk wat kernagtig die redes saamvat waarom die Weste sedert die 1500’s vir China, maar ook die res van die wêreld, ver oortref het. Hy gebruik ses ontledingskriteria, naamlik die wetenskapsrewolusie, vordering met medisyne, die beskerming van eiendomsreg, mededinging, die verbruikerswese, demokrasie en laastens die Protestantse werksetiek, om hierdie vordering te verklaar en te wys hoekom ander beskawings nie op dieselfde peil ontwikkel het nie. Terwyl dit nou allerweë gewild is om die Weste te roskam ná die resessie en die doodsklok vir hierdie beskawing te lui weens die opkoms van die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika), is die Weste nog steeds baas op al hierdie gebiede en sal so bly vir ʼn geruime tyd. Hoekom sê ek so? Want die Weste verstaan demokrasie en al sy voordele en leef dit uit terwyl onlangse gebeure getuig dat veral lande soos Suid-Afrika en Rusland in die Brics-groep wegbeweeg van demokratiese politiek.
Lees verder ‘‘n Bang regering is ‘n goeie regering’

Afrikaners ter sprake in Nederlandse parlement

Berig uit die Nederlandse parlement

“Die Nederlandse minister van buitelandse sake, mnr. Uri Rosenthal, het verlede Donderdag ’n mosie ten gunste van die Afrikaner ’omhels’. Daardeur staan die pad oop om hierdie week Dinsdag die mosie in die tweede kamer van die Nederlandse parlement te laat aanneem.”
Lees verder ‘Afrikaners ter sprake in Nederlandse parlement’

Kleindorpie-tieners se groot wêreld

Ja, ons het regtig DSTV… en mp3-spelers (selfs  mp4-spelers), skootrekenaars, selfone, Facebook en internet.  Dit klink belaglik as ek dit so opnoem maar byna elke keer wat ek ʼn tiener  van enige ander plek as Orania ontmoet is dit die antwoord op hul eerste vraag… Of eerder op hulle eerste 6 vrae.  Met enkele uitsonderings na kom ek elke keer kort na die aanvang van so gesprek agter my (en elke ander Orania-tiener waaraan ek in ʼn oomblik kan dink) horisonne is wyer.  En dit het niks te doen met die Karoo wat so plat is dat mens  op ʼn goeie dag tot in die Kaap kan sien nie.

Lees verder ‘Kleindorpie-tieners se groot wêreld’

Eindjaarfunksie tussen die Daisies

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Dit gons in die gange en by die watermasjien. Met rooktyd staan groepies en hou bosberaad oor hierdie jaar se eindjaarfunksie en die grensgevalle van verlede jaar word weer opgehaal. (Onthou julle vir Marie van admin wat twee weke in Vista opgeneem was nadat haar man saam met `n temp in die koi dam gevang is?). Dames gaan op `n kitsdieët van water, witdulsies en duiwelsdrek om binne een maand 15 kg te verloor om in die swart nommertjie in te beur wat in `n optimistiese bui twee nommers te klein gekoop is. Terwyl jy jou partytjievere regskud en stilettos afstof, onthou dat Bacchus se voggies die oorsaak was van vele bevorderingsbruê wat tot as verbrand is. Jou unieke interpretasie van die Leeuloop wat opgevoer is in die hitte van die oomblik (op die maat van die rum wat doef-doef deur jou are bruis) mag dalk net teen jou tel wanneer jy volgende keer `n salarisverhoging wil beding.  Hoe gemaak sodat jou eindjaarfunksie aksiefoto`s op Facebook nie jou toekomstige loopbaanvooruitsigte beperk tot kruiwavoorman by Builder`s Warehouse nie? Lees verder ‘Eindjaarfunksie tussen die Daisies’

Binnelandse Sake – vriend of vyand?

Gister het Helen Zille die Menseregtekommissie versoek om die dienslewering van die departement van Binnelandse Sake te ondersoek. Dit volg na die dood van 4 kinders, tussen 2 en 9 jaar oud, van ontberinge terwyl hulle ma’s vir hulle kos gesoek het. Die ma’s kon nie kindertoelae vir die kinders kry nie, omdat hulle nie geboortesertifikate gehad het nie en Binnelandse Sake na bewering gesê het dit sal meer as ses maande neem om die sertifikate te kry. Lees verder ‘Binnelandse Sake – vriend of vyand?’

Goeie en slegte nuus vir die vakansietyd

In verlede week se artikel is die kwessie van Sasol se brandstofpryse uiteengesit. Daar word hierdie week steeds by die onderwerp van brandstofpryse gehou. Met die vakansieseisoen wat op pad is, is dit belangrik om vir vervoerkoste te kan begroot.

Die goeie nuus is dat die kleinhandelprys van petrol op Woensdag, 7 Desember na alle waarskynlikheid met 25 of 26 sent per liter sal daal. Die slegte nuus is dat die groothandelprys van diesel met sowat 36 tot 39 sent (afhangende van die swawelinhoud) sal styg. Hierdie syfers kan nog met ʼn sent of twee aangepas word voordat dit eerskomende Vrydag gefinaliseer word, afhangende van wat intussen met die wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse gebeur, maar enige afwyking sal nie groot wees nie.

Hierdie veranderinge sal die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng dan op R10,34 per liter te staan bring, met 95-oktaan wat aan die kus R10,21 sal kos. Diesel met ʼn 0,05%-swawelinhoud se groothandelprys sal styg na sowat R10,38 in Gauteng, wat die kleinhandelprys tot bokant R11 per liter kan laat styg, afhangende van die vulstasie.

OPDATERING: Die finale daling vir petrol was toe 11c en die styging van diesel was nagenoeg 47c en 44c vir 0,05% swawelinhoud en 0,005% swawelinhoud onderskeidelik. Die rede waarom dit so dramaties verskil van die verwagtinge is dat talle van die toepaslike winsmarges aangepas is deur die Departement van Energie. 

Dit mag vreemd voorkom dat diesel se prys kan styg terwyl petrol se prys daal, aangesien beide van ruolie gemaak word, Lees verder ‘Goeie en slegte nuus vir die vakansietyd’

Bladsy 4 van 291« Eerste...34510...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube