Bladsy 329 van 334« Eerste...10328329330...Laaste »

ArgiefBladsy 329 van 334

Verandering is die enigste konstante

hope_144-low-res1

Verandering is die enigste konstante. Daar vind altyd verandering plaas. Willem de Lange is een van Suid-Afrika se voorste sosiale dokumentêre fotograwe. Dokumentêre fotografie het die die oorreding om verandering te demonstreer. Dit het ‘n meer menslike inslag en raak die emosies van die kyker. De Lange het ‘n uitstalling gemaak van die MIV probleem in Suid-Afrika.

Besoek hier sy werk.

Foto’s geneem by Sol-Tech

s6

Lees verder ‘Foto’s geneem by Sol-Tech’

As ‘n president se gewildheid vinnig val…

Hoe Obama se gewildheid in minder as 8 maande getuimel het

Hoe Obama se gewildheid in minder as 8 maande getuimel het

Vervolging? Verraai jy? Kry jy regtig swaar?

Ek sit Sondag in die kerk en luister na ons dominee se preek oor die herdenking van Bartholomeusnag. Hy het baie
moeite gedoen met die boodskap en vir die eerste keer dink ek anders oor ‘n hele paar sake.
Eerstens vertel hy die verloop van die geskiedenis en hoe die protestante deur die katolieke vervolg en gemoor is.
Natuurlik ‘n baie lang, maar interessante geskiedenis oor ons kerk, wat jy beslis kan gaan oplees.
Terwyl ek so sit en luister, vra ek myself die vraag af: “Word ons nie ook maar vandag in ‘n mate vervolg nie?
Net op ‘n ander vlak?”
Lees verder ‘Vervolging? Verraai jy? Kry jy regtig swaar?’

As politici altyd gewild wil wees, sal demokrasie misluk

Die bekende Amerikaanse skrywer en politieke kommentator Pat Buchanan het die afgelope week ʼn koerantrubriek geskryf met die volgende opskrif: Fatal Flaw of Democracies. Dit het my weer oor die term ‘demokrasie’ laat nadink, veral nadat ek verlede week in my rubriek geskryf het oor die talle pogings om lande in die Midde-Ooste en veral Afrika te demokratiseer en die mislukking van hierdie pogings.

Buchanan verwys in sy artikel spesifiek na die VSA, waar die regering hierdie week aangekondig het dat die land oor die volgende 10 jaar meer as 9 triljoen dollar sal moet leen ten einde die regering se boeke te laat klop.

Buchanan skryf soos volg: “Wanneer ʼn demokrasie die punt bereik waar politici nie meer vir mense nee kan sê nie, en albei partye om stemme meeding deur beloftes te maak van selfs hoër besteding of selfs laer belasting, of albei, is die eksperiment so te sê verby.”

Lees verder ‘As politici altyd gewild wil wees, sal demokrasie misluk’

Die perd is al holrug gery Malema!

Ek luister vanoggend soos gewoonlik 94.7 terwyl ek werk toe ry. Jeremy Mansfield gaan toe lekker gal af teenoor Julius Malema se nuutste rassisme uitlatings en ek spring toe amper om, om hom by die Highveld-ateljee op die skouer te gaan klop! Genoeg is genoeg! ”Oudpres. Nelson Mandela het sport gebruik om Suid-Afrikaners te versoen, nou gebruik die ANC dit om rassisme aan te blaas” so berig die Britse media, volgens Beeld b. 3.  Beeld se lesers het net so lekker teen Malema uitgevaar. Lees verder ‘Die perd is al holrug gery Malema!’

Bladsy 329 van 334« Eerste...10328329330...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube