Bladsy 30 van 291« Eerste...1029303140...Laaste »

ArgiefBladsy 30 van 291

Chrislam: Begin van nuwe Wêreldorde of Geloof van Draadsitters?

Chrislam is ʼn geloof wat in die 80`s in Nigerië gestig is deur Tela Tella. ʼn Tweede been is gestig deur Dr Samson Saka in 1999. Nadat hy ʼn pelgrimstog na Mekka onderneem het, is hy, volgens hom, deur God geïnspireer om vrede te maak tussen die Christene en Moslems. Die sekte erken beide die Bybel asook die Koran as heilige geskrifte. Sedertdien het dit wêreldwyd uitgebrei en raak al hoe gewilder in Amerika. Sondae stroom duisende Christene kerk toe om te luister na die Pastoor se preek uit die Bybel asook skriflesing uit die Koran. Is die twee gelowe versoenbaar of is dit ʼn geloof vir mense wat hulle manna aan albei kante van die draad wil optel?

Lees verder ‘Chrislam: Begin van nuwe Wêreldorde of Geloof van Draadsitters?’

White man you are on your own – Boitumelo Senokoane

Ek lees deur die toespraak van Boitumelo Senokoane wat in Beeld gepubliseer is onder: ‘Wittes se isolasie is hul eie skuld’ Hy is ‘n dosent in teologiese etiek by Unisa. Ek weet nie mooi wat dit beteken nadat ek deur sy toespraak is nie. Wat ek wel weet is dat ons nie op dieselfde papier is nie al bly ons albei in Suid-Afrika.

Luister na van sy aanhalings. Luister na AfriForum se reaksie.

  Lees verder ‘White man you are on your own – Boitumelo Senokoane’

Wat ‘n aaklige dag!

Het jy al ooit só ‘n dag beleef? Een waarin alles denkbaar skeefloop. Een waarin jy wil skreeu of huil van frustrasie – want wat kan dan nou nóg verkeerd loop?

Verlede Vrydag was só ‘n dag vir my…

Lees verder ‘Wat ‘n aaklige dag!’

Ek wil ook ‘n woordvoerder hê!

Ek sien president Zuma het ʼn nuwe presidensiële woordvoerder aangestel.

Dit moet darem lekker wees as iemand namens jou kan praat. Dink net – jy hoef nooit weer ʼn ongemaklike gesprek met iemand te hê nie. Jy hoef nie meer verskonings uit te dink as jy dalk ʼn uitnodiging vir een of ander rede van die hand wil wys nie.

Lees verder ‘Ek wil ook ‘n woordvoerder hê!’

Rykdom en vrygewigheid versoenbaar

 


Ja, jy kan maar wins maak, jou onderneming uitbrei en ryk word. Maar tegelykertyd kan jy ook welwillend en vrygewig wees. Hierdie twee begrippe is maklik versoenbaar. Om die waarheid te sê, dit versterk mekaar en bied die beste kans op ’n welvarende en regverdige samelewing.

 

Bekende Britse historikus Simon Schama het onlangs hierdie uitlating tydens ʼn onderhoud met De Volkskrant gemaak toe hy ʼn konferensie in Amsterdam bygewoon het.
Lees verder ‘Rykdom en vrygewigheid versoenbaar’

Vodacom se rooi heel gepas

Vodacom se korporatiewe kleurverandering vanaf blou na rooi is heel gepas nadat Vodacom-klante die afgelope twee weke rooi sien oor groot netwerkprobleme. Die probleme het begin opduik op die Rica-sperdatum en aanvanklik het almal gedink die netwerkprobleme het iets daarmee te make. Later het Vodacom bekendgemaak dat die sabotasie van belangrike netwerklyne moontlik tot die probleme gelei het.

Lees verder ‘Vodacom se rooi heel gepas’

Bladsy 30 van 291« Eerste...1029303140...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube