Bladsy 3 van 291« Eerste...23410...Laaste »

ArgiefBladsy 3 van 291

Belydenis van ‘n “control freak”

Ek moet bely dat ek dikwels ‘n kleingelowige is. Ja, ek sukkel dikwels (meestal) verskriklik om te “let go and let God”. Ek is ‘n “control freak”en die gevolg daarvan is dat ek dikwels nie meer weet watter kant toe nie, omdat ek my die hele tyd bekommer oor dinge waaroor ek geen beheer het nie. My man het al spottenderwys opgemerk dat “bekommer” my voltydse stokperdjie is. As ek nie regtig iets het waaroor ek my kan bekommer nie, is ek bekommerd dat ek iets belangriks vergeet het. Vanoggend lees ek weer Psalm 127 en vers 2 staan toe beskuldigend, soos ‘n paal bo water uit. “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” En ek, die koningin van  “control freaks” moet erken en bely dat ek my kop die afgelope maande telkens in skaampte moes laat sak.

Lees verder ‘Belydenis van ‘n “control freak”’

Goeie slaagsyfers vs kwaliteit – matrieks

 

Dit is weer die tyd van die jaar wat al die koerante spog met matriekleerlinge wat A’s ontvang het en hoe baie die slaagsyfers verbeter het in vergelyking met die vorige jaar.  Baie geluk aan al die matrikulante van 2011, welgedaan.

 

Tussen deur al die prys aan die goeie slaagsyfer het iets my aandag getrek. ʼn Goeie slaagsyfer is nie al waarvoor ons moet streef nie. Dit help nie die slaagsyfer is hoog, maar die kwaliteit van die onderrig is swak nie. Kwaliteit is net so belangrik as dit nie meer belangrik is as die slaagsyfer nie.

  Lees verder ‘Goeie slaagsyfers vs kwaliteit – matrieks’

‘n Toekomsblik op 2012

2011 was ʼn ongelooflike nuuswaardige jaar: Japan is geskud deur ʼn aardbewing, die Midde-Ooste is geskud deur gewone mense wat hul regte wou terugwring van outokrate en die Weste se ekonomiese (en dus algehele) kreeftegang het van ratte verwissel. In 2012 bewe Japan nog steeds, die stof wil maar net nie gaan lê in die Midde-Ooste nie en sal nog vir ʼn wyle voortduur en die Weste gaan nog vir lank wroeg oor hul ekonomiese fiasko’s. In meeste van hierdie situasies ontbreek die blote politieke wil om ʼn breuk met gevestigde belange te maak. 2012 mag dalk nie so aardskuddend soos 2011 wees nie, maar sekere politieke omwentelinge sal spoed optel of hul aanvang neem in hierdie jaar. Ek kyk vlugtig na ʼn paar.
Lees verder ‘‘n Toekomsblik op 2012′

Kersfees

Die jaar was propvol dinge. Ek kan byna nie glo dat dit amper alweer Kersfees is nie! Die dolle gejaag wat reeds die winkels getref het, gaan net erger word hoe nader ons aan Kersdag kom.

Hierdie tyd hou vir my ‘n bekoring in. Al die liggies wat vrolik flikker, al die liedjies wat oral opklink.

Lees verder ‘Kersfees’

Die reg op slegte weer

“Ons Nederlanders het ʼn reg op slegte weer,” het die kop van ʼn artikel gelui wat verlede week in die Nederlandse koerant, De Volkskrant, verskyn het.

In die meeste lande, maar vir seker in Nederland, is die weer voortdurend ʼn onderwerp van bespreking. Almal is “deskundiges” en almal is alte lief daarvoor om te raai of die somer warm of die winter buitensporig koud gaan wees.

En as die weerman of -vrou op TV dit waag om reën te voorspel en dit reën toevallig nie in die Nederlandse “Putsonderwater” nie, dan reën dit wel klagtes in De Bilt, waar die KNMI (Het Koninklijk Nederlands Metereologisch Instituut) geleë is. As slegte weer dus voorspel is, dan móét dit eenvoudig kom.  Lees verder ‘Die reg op slegte weer’

Wanneer kom ons troudag, Gertjie?

Ek ken baie meisies wat jare lank al wag dat hulle ouens hulle moet vra om te trou. Sommiges wag al maklik vyf jaar lank… maar niks gebeur nie.

Die “groot vraag” word nie gevra nie.

My vermoede is dat die ouens vir iemand anders wag – hulle soek nog na hulle trou-vrou. Hulle wil eers hulle horisonne verken en verbreed.

Lees verder ‘Wanneer kom ons troudag, Gertjie?’

Bladsy 3 van 291« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube