Bladsy 291 van 294« Eerste...10290291292...Laaste »

ArgiefBladsy 291 van 294

Mense wat sin maak

In vandag se wêreld is daar soveel geraas wat deur mense wat net nie die groter prentjie verstaan nie, gemaak word. Dit veroorsaak dat soveel ander mense net eenvoudig dinge verkeerd verstaan?

Wat bedoel ek hiermee? Ek bedoel dat ‘n onderwyser nou maar hoe goed ookal kan wees – indien die jongmens vir wie klas gegee word nie wil leer nie en nie die regte dissipline het nie, dan help dit niks. Net so skree kommuniste elke dag dat kapitalisme misluk het, maar hulle vergeet dat kommunisme 50 miljoene mense se dood beteken het terwyl kapitalisme net tot ‘n internasionale resessie aanleiding gegee het.

Een persoon wie se standpunte altyd sin maak is die swart Amerikaanse skrywer, Thomas Sowell. Ek lees elke weet sy rubrieke en vind net soveel sin daaruit. Sien jongste rubriek kan by http://townhall.com/columnists/ThomasSowell/2009/08/25/the_great_escape?page=full gelees word.

Hier is een of twee uittreksels:

Lees verder ‘Mense wat sin maak’

Wat is fout met die internasionale demokratiese masjien?

Motorbomme en allerhande ander vorme van geweld in lande soos Irak en Afganistan is niks ongewoon meer nie. Woensdagoggend (19 Augustus 2009) het 95 mense in die Irakse hoofstad Bagdad omgekom nadat ʼn reeks motorbomme ontplof het. Honderde mense is beseer.

Ondertussen stem mense vandag (Donderdag) in Afganistan se tweede demokratiese presidentsverkiesing. Sommer van vroeg af het die Taliban reeds begin om aanvalle op stempunte te loods. Alledaagse geweld is egter nie net tot die Midde-Ooste beperk nie. In talle Afrikalande soos Somalië, Soedan en die DRK vind grootskaalse bloedvergieting ook daagliks plaas.
Lees verder ‘Wat is fout met die internasionale demokratiese masjien?’

Tabloids en koerante stort trane

Ek lees ʼn artikel op die webwerf Marketingweb deur John Farquhar waar hy na die jongste ABC-sirkulasie syfers kyk en ʼn artikel skryf: “Newspapers heading for trouble?”. Lees verder ‘Tabloids en koerante stort trane’

Dink mooi voor jy jou kind in ‘n staatskool sit

Net omdat die juffrou by wie jy jou kind in die oggend los self Afrikaans praat en ‘n Christen is, beteken nie jou kind gaan noodwendig ‘n liefde vir sy taal en kultuur en ‘n sterk Christelike begronding by sy skool kry nie.

‘n Solidariteit-lid stuur onlangs vir my ‘n gedig wat sy kind wat in Graad 12 in ‘n staatskool is moet behandel. Uittreksels uit hierdie aanstootlike en godslasterlike gedig is die volgende:

Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik
innie hiemel,
maa Here, vergiewe,
die hiemel issie my soort liewe,
ek hou van sing en harpmusiek
maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.

Lees verder ‘Dink mooi voor jy jou kind in ‘n staatskool sit’

Tabloid vs Tydskrif

My eerste aanraking met drukkersink was toe ek Wapadredakteur gekies is in 1990. Dit is die PU vir CHO se studentekoerant. (Vir die wat nie meer weet waar die plek is nie, dit is natuurlik die PUK) Vir ʼn jaar het ek en die redaksie ons uitgeleef in Die Wapad. Dit was ‘n tabloid koerant wat elke tweede Maandag by die Herald-drukkers in die dorp gedruk is.
Lees verder ‘Tabloid vs Tydskrif’

Vakbondnuus van die week

Ek loop al lank en dink aan die gedagte van ʼn radioprogram wat net fokus op my groot passie: Vakbondnuus.
Lees verder ‘Vakbondnuus van die week’

Bladsy 291 van 294« Eerste...10290291292...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube