Bladsy 29 van 302« Eerste...1028293040...Laaste »

ArgiefBladsy 29 van 302

Demografiese dividend?

Daar is in die Financial Mail en in Business Report berig oor die moontlikheid van ʼn sogenaamde demografiese dividend vir Suid-Afrika in die nabye toekoms. Hierdie vooruitskattings is deur die ekonome by Bank of America Merrill Lynch (BAML) se Suid-Afrikaanse tak gedoen.

BAML beweer dat honderdduisende arm Suid-Afrikaanse huishoudings, wat tans ʼn inkomste van minder as R5 000 per maand het, binnekort na die volgende inkomstegroep van R5 000 tot R9 999 per maand sal beweeg. Hierdie huishoudings sal dan heelwat meer van hul inkomste diskresionêr kan aanwend en sal ook die geleentheid benut om by die formele kleinhandel eerder as by die informele sektor te koop. Lees verder ‘Demografiese dividend?’

‘n Koppelteken lank

Ek sal graag ter see begrawe wil word. My familie en vriende kan ʼn piekniekmandjie pak, en op die oewer van ʼn rivier of op die strand uitspan. Hulle kan stories oor my vertel, my grappies herhaal en dan my liggaam op ʼn vlot op die water laat vaar. Met ʼn vuurpyl kan hulle seker maak dat my oorskot tot niet sal gaan.

My swaer reken dit klink na vet pret, hy’s net besorg wie handig genoeg gaan wees om die pyl te lanseer.

Lees verder ‘‘n Koppelteken lank’

Litte losmaak

“Ek ís nou hier om te oefen maar ek staan langer in ʼn ry as wat ek enigsins oefen”, dink ek amper hardop by myself gister in die gym. Pffff… dis seker te verwagte, somer is om die draai en die winter rolletjies moet vinnig ander blyplek vind.
Ek weet nie of daar ʼn ongeskrewe reël by die gym is wat sê: jy mag nie rondkyk nie, jy moet oefen. Maar ek kon myself nie help nie, mense in die gym is so snaaks. Kom ek begin by die begin…

Lees verder ‘Litte losmaak’

Die middelmatigheid van Zuma

Pres. Jacob Zuma is al baie dinge genoem. Hy is al as ‘n “rokjagter”, “bedrieër”, “verkleurmannetjie” en “misdadiger” deur verskeie mense uitgekryt. Hoewel ek nie enigsins ons president wil beledig nie, moet ek tog een etiket om hom hang: Middelmatigheid. Die jongste rede hiervoor is sy opmerkings op die jongste spitsberaad vir swart sakelui. . .en die tekort aan prestasies onder sy bewind.
Lees verder ‘Die middelmatigheid van Zuma’

Die Grondwet gaan ten gronde; NDR tel stoom op

Dit wil blyk asof regter Moegoeng Moegoeng die hoofregter van die land gaan word. Dit beteken hy sal die beskermer van die Grondwet, wat die hoogste wet in die land is, word. Dit is ‘n man wat deur pre. Jacob Zuma omtrent soos ‘n feniks uit die as verrys is om op 50-jarige ouderdom en min regterlike uitsprake as regter die hoogste regsposisie in die land te beklee. Talle ander bevoegde kandidate met wye ervaring, soos regter Dikgang Moeseneke – wat die adjunk-hoofregter van die land is – is summier oor die hoof gesien vir hierdie allerbelangrike benoeming. Moegoeng is al hewig gekritiseer oor sy sieninge oor vroueregte, gays en minderhede. Maar ons almal het ons vooroordele en baie van die kritiek is kleingeestig.
Lees verder ‘Die Grondwet gaan ten gronde; NDR tel stoom op’

Stof jou spaarvarkie af

 

“Welkom in die Wilde Weste,” skryf Marcel Bullinga, outeur van Welcome to the Future Cloud – 2025 in 100 voorspellingen, wat onlangs in De Volkskrant verskyn het. Bullinga verwys na die ‘Wilde Weste’ van die Europese Unie (EU) en Amerika: waar die skuldboom reeds hemelhoog gegroei het.

 

Met Amerika aan die voorpunt, gevolg deur ’n hele reeks Europese lande, het state, banke, ondernemings en individue – met die veronderstelling dat die ekonomie net kan groei as die geld voortdurend vinnig rol – so baie skuld gemaak dat selfs mense uit die finansiële wêreld die skynbaar vanselfsprekende idee dat steeds meer skuld en risiko ongestraf kan bly, begin bevraagteken.

Lees verder ‘Stof jou spaarvarkie af’

Bladsy 29 van 302« Eerste...1028293040...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube