Bladsy 21 van 291« Eerste...1020212230...Laaste »

ArgiefBladsy 21 van 291

Skuldgevoel se voet

En toe word ons verlede Donderdag deel van die misdaadstatistiek in Gauteng. Buite ons huisie, in ‘n “veiligheidskompleks” slaan booswigte in die middel van die nag ons motor se agterste ruit uit, klim deur die stukkende venster, ruk die radio half uit, krap die GPS uit sy wegsteekplek uit en vlug met my skootrekenaar.

Ja, ek het my skootrekenaar in my motor vergeet. Die eerste en enigste keer. En in Klopjag se woorde: Ek sal nie langer jammer sê nie. Want sedert die betrokke voorval moet ek net heeltyd aan almal verduidelik waarom ek “so nalatig was” om my skootrekenaar in my motor te los; waarom die voertuig nie in die garage was nie en “het julle dan niks gehoor nie?”.

Die punt is: Ek hoef nie en sal nie jammer te sê vir ander se sondes nie.

Lees verder ‘Skuldgevoel se voet’

Die volkslied word geneurie en nie gesing

Suid-Afrikaners het onlangs eers die vals gesing van die vorige volkslied-tameletjie verwerk en vergeet en daar gebeur dit wragtig weer. Ard Matthews het menigte Suid-Afrikaners vreeslik omgekrap nadat hy die woorde van die volkslied vergeet het.

Hy het die voorreg geniet om die nuutverkose Springbokspan se eerste volkslied as die Wêreldbekerrugbyspan te sing en Ard sê die druk het hom op daardie stadium ondergekry. Sommige mense kon nie genoeg beklemtoon hoe ongelukkig hulle was oor hierdie rampspoedige gebeurtenis nie en ander het weer gesê almal maak foute, sy foutjie was net perongeluk op nasionale TV tydens ʼn belangrike gebeurtenis.

Lees verder ‘Die volkslied word geneurie en nie gesing’

Britse onluste die gevolg van morele vakuum

“Sy het op sewentienjarige ouderdom verwagtend geraak en ʼn woonstel van die munisipaliteit in Tottenham gekry.” Dit is ʼn opsomming van die lewe van een van die plunderaars wat in Londen gearresteer is ná die onlangse gewelddadige onluste daar en in ander Britse stede. Sedertdien heers daar ʼn groot debat in die Britse en Europese media oor die oorsake van die onluste. Die hoofgedagte in die mediaberigte oor die onluste kan in twee woorde opgesom word: morele vakuum. Hierdie vakuum is nie net van toepassing op die laer klas nie, maar op die hele Britse samelewing.
Lees verder ‘Britse onluste die gevolg van morele vakuum’

Quo vadis Orania?

Ek het hierdie week weer besoek afgelê in Orania in die dorre (en nou taamlik koue!) Noord-Kaapse Karoo. Terwyl ek deur die ongenaakbare landskap soontoe vanaf Kimberley gery het, verbaas dit my nog steeds hoe mense ‘n dorpie feitlik uit niks uit kon bou in ‘n afgeleë gebied met min natuurlike hulpbronne nie. Orania het al ongelooflike vordering sedert sy ontstaan en ek wil hier aanvoer dat die beste vorm van selfbeskikking, sonder volkome sesessie, vir enige volk in Suid-Afrika, Afrika en dalk selfs die wêreld. Terselfdertyd wil ek ‘n realistiese blik op die dorpie vir die nie-ingewydes gee.
Lees verder ‘Quo vadis Orania?’

Muur van hoop

 

In April 1979 het ek en my man Berlyn saam met ’n groep skoolkinders besoek. ’n Berlyn wat radikaal verskil het van die huidige stad. Destyds was dit midde-in die DDR – Duitse Demokratiese Republiek – wat ondanks sy naam alles behalwe demokraties was. En regdeur die stad het ’n muur geloop.

Na die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland in vier dele verdeel. Amerika, Brittanje en Frankryk het die westelike deel beset en Rusland die ooste. Berlyn, in die oostelike deel, is insgelyks verdeel. Dit was die tyd van die Koue Oorlog. Die wêreld was in twee verdeel: ’n demokratiese en kapitalistiese deel en ’n kommunistiese deel.
Lees verder ‘Muur van hoop’

Kospryse styg al ses maande skerp

Beide die amptelike kosprys-indeks van Statistieke Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir ses maande op ʼn volgehoue basis. Die styging in die amptelike indeks was sowat 5,9% en die basiese mandjie het ʼn styging van 7,3% getoon.
Lees verder ‘Kospryse styg al ses maande skerp’

Bladsy 21 van 291« Eerste...1020212230...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube