Bladsy 2 van 29112310...Laaste »

ArgiefBladsy 2 van 291

Mag werkers nie welaf wees nie?

In November 2011 het Cosatu in die Wes-Kaap te kenne gegee dat hulle die Kaapstadse administrasie na die gelykheidshof sou sleep oor wat hulle as diskriminasie teen arm werkers beskou.

In ‘n ietwat bisarre argument word die stad van diskriminasie teen armes beskuldig omdat die stad geld bestee om toerismeprojekte te ondersteun, maar nie om advertensies te plaas wat plaaslike verbruikers aanmoedig om plaaslik vervaardigde goedere te koop nie. Die veronderstelling is dat, deur plaaslike produkte te koop, meer plaaslike werksgeleenthede in vervaardiging behoue sal bly.

Blykbaar is verhoogde toerisme net tot voordeel van die “ryk base” en “middelklas werkers”, en is daar klaarblyklik geen “regte werkers” (m.a.w. laagbetaalde arbeiders) wat in die toerismebedryf werk nie. Terselfdertyd is daar blykbaar geen “ryk base” of “middelklas werkers” in die vervaardigingsektor nie – wat ‘n mens laat wonder teen wie Cosatu dan protesteer wanneer daar oor die vervaardigingsektor uitsprake gemaak word…
Lees verder ‘Mag werkers nie welaf wees nie?’

Ystervrou se skadu

Margaret Thatcher se lewe is nou verfilm met die gesiene Amerikaanse aktrise Meryl Streep in die hoofrol. Dit het veral in Europa gelei tot ’n interessante debat oor haar beleid. Juis noudat die vryemarkstelsel en die kapitalisme hulle in ’n diep krisis bevind, is dit weer baie aktueel.

Thatcher het Brittanje van 1979 tot 1990 as eerste en tot nou toe enigste vroulike premier geregeer. Haar optrede en beleid roep tot vandag toe sterk negatiewe sowel as positiewe reaksies op. Dat haar skaduwee lank en steeds invloedryk is, staan egter soos ’n paal bo water.

Lees verder ‘Ystervrou se skadu’

Nou vir die doodskoot vir die tolhekke

Bou of breek ?

Toe die tolhek bohaai begin het, het ek die volgende blog geskryf: Tolhekke kort ʼn dosis stille protes. My advies was soos volg: “Indien niemand die sogenaamde e-tag koop of registreer waarop die tolhekke funksioneer nie gaan daar ʼn probleem wees.” Dit is nou amper ʼn jaar verder en die Gauteng-tolhekke se wiele is besig om af te val. Die gebruik daarvan kan nie geïmplementeer word nie want skaars 5% van die padgebruikers het geregistreer met die sogenaamde “e-tag”. Dit is 213 000 motoriste uit ‘n geskatte 2.2 miljoen.

Lees verder ‘Nou vir die doodskoot vir die tolhekke’

Van harte Europees?

 

Die afgelope vier jaar word daar jaarliks in Parys ’n tweedaagse konferensie gehou, “Nuwe wêreld, nuwe kapitalisme”. By die jongste byeenkoms was dit duidelik dat daar in daardie vier jaar ingrypende veranderings plaasgevind het op die wêreldtoneel, aldus De Volkskrant.

Afgevaardigdes van regerings uit Afrika, Latyns-Amerika of die Midde-Ooste reis deesdae minder na Europa. Hulle gaan eerder na China of Brasilië.

En vermanende verklarings van die Europese Unie (EU) oor die gebrek aan demokrasie of die skending van menseregte in daardie lande word skouerophalend aangehoor.

Daardie onverskilligheid weerspieël duidelik hoedat Europa se invloed op die internasionale speelveld afgeneem het.

Lees verder ‘Van harte Europees?’

Waarheen is studente oppad?

Philip Minnaar, die hoof (waarnemend) van Sol-Tech

 

Gister het ek die 2012 opening van Sol-Tech bygewoon. ʼn Geleentheid wat ek elke jaar bywoon en afneem. Ek het die bywonings gevolg waar dit gedoen is in werkswinkels wat nog nie voltooi is nie tot vanjaar in Hoërskool Tuine se skoolsaal. Vandag  in die nuus  is dat ʼn persoon dood is toe voornemende studente probeer registreer het by die universiteit van Johannesburg. Verlede jaar was die registrasie by die instansie ook chaoties.

Een van die beste raamwerke oor waarheen studente oppad is het ek dan  gister gehoor by Philip Minnaar die hoof (waarnemend) van Sol-Tech met die opening. Sonder om doekies om te draai het hy studente en ouers daarop gewys dat die regte keuses betyds gemaak moet word. Volgens Minnaar staan studente aan die begin van ʼn loopbaan. Dit is soos om ʼn lang reis te onderneem.

Lees verder ‘Waarheen is studente oppad?’

Die Kaap bied (goede) hoop

Hierdie vakansie het ons ons tassies gepak en afgesit Kaap toe om vir familie en vriende te gaan kuier en by die see te gaan uitspan (eintlik net op die strand, want as iemand wat sy hele lewe lank aan Natal se see gewoond is, sien ek nie juis kans vir die Atlantiese Oseaan se yswater nie!). Nou ja, dis ver van Pretoria af maar ons ry toe in een dag soontoe en maak hier en daar stoppe om bene te rek, iets te kry om te eet en drink en brandstof in te gooi.
Lees verder ‘Die Kaap bied (goede) hoop’

Bladsy 2 van 29112310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube