Bladsy 19 van 291« Eerste...1018192030...Laaste »

ArgiefBladsy 19 van 291

Die Grondwet gaan ten gronde; NDR tel stoom op

Dit wil blyk asof regter Moegoeng Moegoeng die hoofregter van die land gaan word. Dit beteken hy sal die beskermer van die Grondwet, wat die hoogste wet in die land is, word. Dit is ‘n man wat deur pre. Jacob Zuma omtrent soos ‘n feniks uit die as verrys is om op 50-jarige ouderdom en min regterlike uitsprake as regter die hoogste regsposisie in die land te beklee. Talle ander bevoegde kandidate met wye ervaring, soos regter Dikgang Moeseneke – wat die adjunk-hoofregter van die land is – is summier oor die hoof gesien vir hierdie allerbelangrike benoeming. Moegoeng is al hewig gekritiseer oor sy sieninge oor vroueregte, gays en minderhede. Maar ons almal het ons vooroordele en baie van die kritiek is kleingeestig.
Lees verder ‘Die Grondwet gaan ten gronde; NDR tel stoom op’

Stof jou spaarvarkie af

 

“Welkom in die Wilde Weste,” skryf Marcel Bullinga, outeur van Welcome to the Future Cloud – 2025 in 100 voorspellingen, wat onlangs in De Volkskrant verskyn het. Bullinga verwys na die ‘Wilde Weste’ van die Europese Unie (EU) en Amerika: waar die skuldboom reeds hemelhoog gegroei het.

 

Met Amerika aan die voorpunt, gevolg deur ’n hele reeks Europese lande, het state, banke, ondernemings en individue – met die veronderstelling dat die ekonomie net kan groei as die geld voortdurend vinnig rol – so baie skuld gemaak dat selfs mense uit die finansiële wêreld die skynbaar vanselfsprekende idee dat steeds meer skuld en risiko ongestraf kan bly, begin bevraagteken.

Lees verder ‘Stof jou spaarvarkie af’

BBP voor die resessie en nou

Daar was reeds talle artikels in die dagblaaie oor die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2011 wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is. Oor die algemeen is die sentiment op grond van die verandering in die laaste kwartaal, negatief.

In plaas daarvan om slegs die jongste veranderinge in die BBP-syfers te ondersoek, word hier ʼn bietjie langer perspektief gegee, deur te kyk na die vlak van BBP voor die resessie tot nou.

BBP staan vir “bruto binnelande produk” en is ʼn poging om die waarde van alles wat binne Suid-Afrika se landsgrense geproduseer en verhandel word, te bereken. Dit gee ʼn aanduiding van die ekonomiese aktiwiteit binne ʼn land. As ʼn ruwe gids: hoe hoër die BBP-syfer, hoe beter sal die materiële lewensstandaard van die mense van die land wees.
Lees verder ‘BBP voor die resessie en nou’

ʼn Swart lentedag

Hierdie jaar moet Lentedag met swartklere gevier word. …en ja, die swart is om te rou. Renosterstropery was in 2011 baie hoër as meeste van die jare wat dit voorafgaan en daardeur is Suid-Afrika besig om ʼn bedreigdespesie te verloor.

Lees verder ‘ʼn Swart lentedag’

Want die slegte kom vanself

Hoop op en hou vas aan die goeie, want die slegte kom vanself

Dit is my oupa se wyse woorde. En dit is waar. Dit is so maklik om net die negatiewe en slegte in die lewe raak te sien. En dit is eintlik maar net ‘n gewoonte. ‘n Slegte een. Wanneer ‘n mens die televisie aanskakel, word die nuus oorheers deur slegte nuus. Goeie nuus haal nooit die nuus nie. En so het ons aangeleer om in ons eie lewens ook net die slegte dinge in ons lewens “nuuswaardigheid” te gee. G’n wonder elke tweede man op straat ly aan depressie nie!

Om waarlik ‘n gebalanseerde, positiewe mens te wees, moet ‘n mens ‘n punt daarvan maak om die positiewe dinge in jou lewe; die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees; die dinge waarop jy kan hoop en waaraan jy kan vashou, meer nuuswaardigheid in jou lewe te gee as die negatiewe.

Lees verder ‘Want die slegte kom vanself’

Te veel goeters?

As dogtertjie was ek altyd verstom oor my ma se skoenerak. Daar was rooies en bruines en swartes en groenes en beiges. Daar was vales en blinkes en party het oop tone gehad en party het hoë hakke gehad. Sommiges was sommer net vir slons by die huis, en ander het sy aangetrek wanneer hulle na ʼn grênd funksie toe gegaan het. Party het sy nooit eers gedra nie. Sy was nog nie Imelda Marcos nie, maar daar was altyd baie.

Ek kan onthou dat my Pa nooit met my Ma se skoenrekening beïndruk was nie, maar steeds het sy nie ophou koop nie…

Lees verder ‘Te veel goeters?’

Bladsy 19 van 291« Eerste...1018192030...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube