Gepubliseer .

Solidariteit Helpende Hand nooi die media uit na die eerste nasionale projek van die nuutgestigte vroue-organisasie Vroue in Aksie. Die projek behels die uitdeel van kosblikke, komberse en voedsame etes aan minderbevoorregte kleuters en volwassenes in Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein. Talle van die duisende komberse wat tydens Vroue in Aksie se mediavennoot Finesse en Radio Rippel se komberse-projek ingesamel is, gaan tydens die loodsprojek uitgedeel word. Die loodsprojek vorm deel van Helpende Hand se bestaande nasionale Kosblikkie-projek wat in Junie vanjaar afgeskop het.
Lees Rapport en Beeld.
Luister RSG.
Lees ook: Dames Aktueel skakel ná 32 jaar in by Helpend Hand se Vroue in Aksie
Luister ook RSG opvolg.
Lees verder ‘Helpende Hand Vroue in Aksie loods eerste nasionale projek’
Gepubliseer .

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hul skowwe —
hul dra dit getroos en tevree.
Daar was twee eeue gelede reeds kommer oor die talle padongelukke in Kaapstad, en oor verkeersgeraas. Graaf Caledon, die eerste burgerlike goewerneur van die tweede Britse besetting, het tipies Brits beslis dat die kolonie die metropool se verkeersreëls moet gehoorsaam. Op 23 Junie 1809 het hy die volgende proklamasie uitgevaardig:
Lees verder ‘Momente en Monumente: Die Ossewa’
Gepubliseer .
Daar was eendag, nie so lank gelede nie, twee tieners, Jasmin en Kamuran, wat
baie verlief geraak en onafskeidelik geword het. Maar ongelukkig het hierdie
sprokie nie ʼn gelukkige einde nie; dit het in ʼn nagmerrie geëindig.
Want die 14-jarige Jasmin en die 18-jarige Kamuran is Koerde wat in Duitsland
woon. En hul verhaal is een van mislukte integrasie, van ʼn fundamentele
botsing tussen Moslemwaardes en -tradisies aan die een kant en ʼn moderne Europese samelewing aan die ander kant.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Gepubliseer .

Die Paardekraal Monument [www.allatsea.co.za]
In 1877 is die Transvaal / Zuid-Afrikaansche Republiek deur Brittanje geannekseer. Verskeie deputasies het hierna probeer om die republiek se onafhanklikheid in ere te laat herstel, sonder sukses. Van 8 tot 16 Desember 1880 het sowat 6 000 burgers by Paardekraal byeengekom, besluit dat die Volksraad weer die hoogste gesag in die land sou wees en dat hulle sou wapens opneem vir die verdrywing van Britse gesag uit die Transvaal.
Lees verder ‘Van toeka tot nou – 3 Augustus 1881 – Die Konvensie van Pretoria word onderteken’
Gepubliseer .

Kyk die fout!!
Die Diensgelykheidskommissie se jaarverslag is deurspek met wanvoorstellings, optelfoute en twyfelagtige metodologie en is daarom irrelevant en onverantwoordelik, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Dit volg ná die aankondiging verlede week deur die voorsitter van dié kommissie, Mpho Nkeli dat “wit mans steeds top bestuursposisies monopoliseer”. Behalwe dat die wetenskaplikheid twyfelagtig is, wys die kommissie se eie statistiek dat swart Suid-Afrikaners vinnig besig is om beheer oor poste in Suid-Afrika te kry.
Kyk na die verslag hier.
Luister SAfm, RSG en Radio Pretoria. Kyk na kyk Net Nuus en e24.
Soos gewoonlik sal die “kenners” nie saamstem nie. Kyk e24
Lees Beeld en Business Report.
Lees verder ‘Die waarheid oor die Diensgelykheidskommissie se regstelverslag’
Gepubliseer .
Ek bly in ‘n dupleks-woonstel en aan weerskante reg teenaan my eie woonstel, woon my bure. Aan die een kant ‘n ou stil muisie en aan die ander kant ‘n jong getroude paartjie.
Moet sê, in die drie jaar wat ek daar woon, het ek nog nooit sonde met die bure gehad nie.
Die paartjie aan my regterkant het onlangs ‘n babatjie ryker geword. Hulle eersteling. Mens kan eintlik die onhandigheid en vreemdheid aanhoor deur die papierdun mure. As die kind net uuuehe sê, is die ma daar met ‘n: “Ja” op ‘n vreeslike hoë noot. Sy herhaal dit oor en oor elke drie sekondes, totdat die kind naderhand begin saamgesels of kraai van die lag. Dit het natuurlik tot gevolg dat die kind elke keer huil as sy mamma nie naby hom is nie… Lees verder ‘Wanneer die bure se baba pla…’