Die Australiërs rokkel nie net Suid-Afrikaanse kundigheid af om in hul land te gaan woon nie. Hulle wil ook nou die naam van die Acacia doringboom verander. Ek het die volgende epos gekry wat ʼn oproep tot aksie vra:
ArgiefBladsy 157 van 291
AfriForum het sy regspan opdrag gegee om voor te berei om die moontlike aanstelling van Robert McBride as hoof van die Tshwane-metropolisie in die hof ter syde te laat stel, sou die Tshwane-metroraad besluit om hom aan te stel. Dit volg nadat dit bekend geword het dat McBride op ʼn kortlys van vyf kandidate is om in die posisie aangestel word.
Luister Jacaranda, RSG en Radio Pretoria.
Lees Beeld. Die Beeld hoofartikel is ook reguit oor die kwessie.
Lees verder ‘AfriForum sal McBride-aanstelling in hof betwis’
Dit is vanjaar 25 jaar na die Westdene busramp waarin 42 kinders dood is. ‘n Ooggetuie van die ramp, Melinda van Rensburg vertel in ‘n aangrypende onderhoud eerskomende Donderdag, 22 Julie, 12:00 op www.solidariteitradio.co.za hoe sy haar maatjie, Belinda, verloor het. Die program is nie vir sensitiewe persone nie en luisteraars word vooraf gewaarsku dat dit baie hartseer gaan wees. Hier is ‘n kort uittreksel van die onderhoud.
Boere in Zimbabwe wat deur die land se grondhervormingsprogram benadeel is, het hulle vir die derde maal suksesvol op die SAOG-Tribunaal in Windhoek, Namibië, beroep.
Luister Radio Pretoria en RSG.
Lees Beeld en Farmers Weekly.
Lees verder ‘Zim boere slaag vir die derde maal voor SADC-Tribunaal’
Vandag reis Solidariteit Radio weer die wêreld vol in Wêreldwyd op Woensdag. Skakel 12:00 in by www.solidariteitradio.co.za.
Carina gesels met Trudie Janse van Vuuren – ‘n Suid-Afrikaner wat in Austalië woon.
Audrey se storie gaan oor haar reis na Roemenië – sy sê: “Brasov is diep in die berge en ek is met die trein soontoe. Dis naby die dorp Bran waar ‘Dracula’ se kasteel is en die Dracula-flieks is hier gemaak.”
Daleen sê: “Feite en gebruike kuier vandag in Singapoer, ‘n eiland met ‘n kleurryke bevolking, ryk kultuurlewe en baie om te doen!”
Plekkies in ons land reis na Utrecht saam met Charl Oberholzer.
Ingrid gesels oor die ekonomiese krisis en watter impak dit op Europa het.
Heleen gee weer vir ons ‘n paar wenke.
Martie en Jana: Ontdek jou passie!
Het jy familie of vriende wat oorsee woon en werk? Stuur vir ons hul e-posadresse sodat ons met hulle in verbinding kan tree vir ‘n moontlike radio onderhoud na radio@solidariteit.co.za.
ʼn Goue middeweg tussen die ekonomiese welstand van Kumba Iron Ore en ArcelorMittal aan die een kant en die beskerming van werksgeleenthede aan die ander kant moet dringend gevind word, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.
Lees Sake Beeld. Daar word deur MiningMx berig dat leierskap benodig word deur minister Susan Shabangu van die DMR.
Mineweb gee agtergrond oor die dispuut.
Lees verder ‘Wen-wen-ooreenkoms broodnodig tussen Kumba en ArcelorMittal – Solidariteit’












