Bladsy 150 van 291« Eerste...10149150151160...Laaste »

ArgiefBladsy 150 van 291

Die waarheid oor die Diensgelykheidskommissie se regstelverslag

 

Kyk die fout!!

Die Diensgelykheidskommissie se jaarverslag is deurspek met wanvoorstellings, optelfoute en twyfelagtige metodologie en is daarom irrelevant en onverantwoordelik, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Dit volg ná die aankondiging verlede week deur die voorsitter van dié kommissie, Mpho Nkeli dat “wit mans steeds top bestuursposisies monopoliseer”. Behalwe dat die wetenskaplikheid twyfelagtig is, wys die kommissie se eie statistiek dat swart Suid-Afrikaners vinnig besig is om beheer oor poste in Suid-Afrika te kry.

Kyk na die verslag hier.

Luister SAfm, RSG en Radio Pretoria. Kyk na kyk Net Nuus en e24.

Soos gewoonlik sal die “kenners” nie saamstem nie. Kyk e24

Lees Beeld en Business Report.

Lees verder ‘Die waarheid oor die Diensgelykheidskommissie se regstelverslag’

Wanneer die bure se baba pla…

Ek bly in ‘n dupleks-woonstel en aan weerskante reg teenaan my eie woonstel, woon my bure. Aan die een kant ‘n ou stil muisie en aan die ander kant ‘n jong getroude paartjie.

Moet sê, in die drie jaar wat ek daar woon, het ek nog nooit sonde met die bure gehad nie.

Die paartjie aan my regterkant het onlangs ‘n babatjie ryker geword. Hulle eersteling. Mens kan eintlik die onhandigheid en vreemdheid aanhoor deur die papierdun mure. As die kind net uuuehe sê, is die ma daar met ‘n: “Ja” op ‘n vreeslike hoë noot. Sy herhaal dit oor en oor elke drie sekondes, totdat die kind naderhand begin saamgesels of kraai van die lag. Dit het natuurlik tot gevolg dat die kind elke keer huil as sy mamma nie naby hom is nie… Lees verder ‘Wanneer die bure se baba pla…’

Die waarheid oor die 10de regstellendeaksieverslag van die Diensgelykheidskommissie (Commission for Employment Equity)

 

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan vandag ʼn verslag bekend maak met die titel “Die waarheid oor die Diensgelykheidskommissie se tiende regstellendeaksieverslag”.

Die Solidariteit-verslag gaan toon dat die Diensgelykheidskommissie se verslag deurspek is met wanvoorstellings, optelfoute en twyfelagtige metodologie. Die Solidariteit-verslag gaan ook plekke aantoon waar daar doelbewuste misleiding in die kommissie se verslag voorkom. Boonop gaan die Solidariteit-verslag ook wys dat, anders as wat die kommissie probeer aandui, daar groot vordering gemaak is met regstellende aksie.

Lees verder ‘Die waarheid oor die 10de regstellendeaksieverslag van die Diensgelykheidskommissie (Commission for Employment Equity)’

Verloor kop en tel dit dan op

Een keer, soms twee keer in jou lewe beleef jy ‘n gevoel wat trane op so manier by jou oë opstoot dat dit brand. ‘n Diep brand wat gepaard gaan met ’n gedagte van vrees vir die toekoms en ‘n verbysterende hartseer oor die verlede. Vir sommige van ons is dit ‘n geliefde se skielike en wreedaardige dood, vir ander is dit ‘n toekoms ideaal wat ineenstort en vir enkeles is dit ‘n plaag van dramatiese werklikhede wat die mat onder jou lewe uitruk. Hierdie hartseer, hierdie drang na ‘n dwelm wat iets beter vir ons kan beteken blus elke vuurtjie van vrolikheid wat voorheen soveel sou beteken. Wat ek eintlik bedoel is…
Lees verder ‘Verloor kop en tel dit dan op’

Ideologiese donkerbrille het al baie skape laat doodgaan

Eendag lank, lank gelede, was daar ʼn verskriklike droogte in die Groot Marico. Al die boere se diere het gevrek, behalwe oom Kaspaas se skape. Dié was spekvetter as ooit. Die Goewerment stuur toe die droogte-inspekteur om oom Kaspaas se wonderwerk te gaan bestudeer. Hy spring op sy fiets, kompleet met pap-emmertjie, koffiebottel met mieliestronk prop, en pak die langpad aan terwyl hy net dooie skape rondom hom sien lê.

Tragies. Maar sowaar, toe hy by oom Kaspaas se plaas kom, val hy byna van sy fiets af van skone verbasing, want orals sien hy spekvet skape… met groen donkerbrille op! Oom Kaspaas se plan was eenvoudig: die groen donkerbrille laat alles – selfs die droogste grasstoppels – heerlik groen lyk, en sy skape vreet dan heeldag lustig tot hulle knuppeldik is!

Lees verder ‘Ideologiese donkerbrille het al baie skape laat doodgaan’

Switserland – berge, mere, kaasfondue en sjokolade

Hierdie week in Feite en Gebruike het ek in Switserland, die land van mere, berge, kaasfondue en sjokolade ʼn draai gaan maak.

Switserland is ʼn klein staat in sentraal Europa en is tradisioneel baie neutraal wat politiek betref, maar hierdie land is ook die tuiste van baie internasionale organisasies.
Lees verder ‘Switserland – berge, mere, kaasfondue en sjokolade’

Bladsy 150 van 291« Eerste...10149150151160...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube