Bladsy 142 van 291« Eerste...10141142143150...Laaste »

ArgiefBladsy 142 van 291

Lente is in die lug!

Deesdae voel ek ‘n andersheid in die lug aan. Dit is asof daar stadig maar seker iets onthul word… Die dae word warmer. Dit word elke aand ‘n klein bietjie later donker. Hier en daar verskyn ‘n bloeiseltjie in ‘n boomtak.

Ek voel ‘n opgewondenheid opborrel in almal en alles. Mense glimlag makliker. Die voëltjies se gefluit is meer opmerklik. Die wêreld lyk groener, die lug blouer.

Lees verder ‘Lente is in die lug!’

Myners 700m onder die grond vasgekeer.

Die boor wat 'n gat na die vagekeerde myners geboor het.

In Chili is 33 myners 700 m onder die grond vasgekeer. Dit is ʼn storie wat die wêreld se verbeelding die volgende weke gaan aangryp hoe hul gered gaan word. ʼn Boor het nou ʼn tonnel van 15cm tot by die vasgekeerde myners geboor en hul kry water en glukose. Hul boodskap aan die buitewêreld was om die Chili-volkslied te sing.

Lees Beeld oor die Murray & Roberts Cementation boor en span wat gaan help met die reddingspoging.

Tabita help Mariëtta Nel

Mariëtta Nel is net ʼn boervrou. In 2002 het haar lewe dramaties verander toe sy ʼn plaasaanval oorleef het. Haar kakebeen is in die proses weggeskiet vir R300. Nou wil sy ʼn nuwe begin maak met ʼn operasie. So operasie kos egter R600 000. Die groep wat haar bystaan is Tabita. Tabita sorg ook vir die instandhouding van die Witkruis-monument buite Pietersburg.  Mariëtta se storie het ook verlede week in Huisgenoot verskyn. Lees HG1 en HG2.

Daar is ‘n Facebookgroep: Stop Plaasmoorde Tabita

  Lees verder ‘Tabita help Mariëtta Nel’

Solidariteit verklaar geskil met LNR; karige loonaanbod dryf kenners weg

 

Die Landbounavorsingsraad (LNR) sal daadwerklike stappe moet neem om hul kundige navorsers te behou, het die vakbond Solidariteit vandag gewaarsku. Die LNR behoort, onder andere, navorsing te doen om te verseker dat werknemers markverwante salarisse ontvang, aangesien talle LNR-navorsers reeds groener weivelde in die privaatsektor gaan soek het. Intussen is ʼn geskil by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar nadat loononderhandelinge tussen vakbonde en die LNR vasgeval het.

Lees verder ‘Solidariteit verklaar geskil met LNR; karige loonaanbod dryf kenners weg’

Handelsektor steeds onder hoogtepunt

Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het die data rakende die bruto binnelandse produk (BBP) van Suid-Afrika vir die tweede kwartaal van 2010 op 24 Augustus vrygestel. Die oorkoepelende syfer vir groei (seisoenaal aangepas teen ʼn jaarkoers) was 3,2%. Dit is wyd in die media gerapporteer.

Daar is ook heelwat gesê oor die feit dat die handelsektor (groot- en kleinhandel, motorverkope en akkommodasie) se groei in die tweede kwartaal 5,8% was, teenoor die 3,3% van die eerste kwartaal van 2010. Dit is verblydend om beter groei te sien, maar hoeveel daarvan aan die Sokkerwêreldbeker toegeskryf kan word, is nie duidelik nie.

Die vraag oor die invloed van die sokker is egter eintlik nie die belangrikste vraag om te vra nie. Lees verder ‘Handelsektor steeds onder hoogtepunt’

Hitler, Churchill en persvryheid

Die geskiedenis is vol lesse vir dié wat daaruit wil leer. Die ander is gedoem om daardie foute te herhaal. Hierdie waarheid is weer onderstreep met die onlangse storm oor die ANC se planne om die media te beheer.

Persvryheid is natuurlik uiters belangrik, en is een van die hoekstene van ʼn demokrasie. Dis omtrent net Noord-Korea, Zimbabwe en Kuba wat nog streng wette teen die media het. Dat daar hongersnood in al drie hierdie lande is, sê alles.

Maar daar is tog iets wat pla. Groot dele van die media het hulle oor die jare skuldig gemaak aan “sonskynjoernalistiek”. Hulle wou niks verkeerd van die ANC weet nie, en het die party aan bewind gejuig. Die ANC is voorgehou as onberispelike liberale demokrate met silwerskoon hande, wat ʼn edele stryd voer vir demokrasie en menseregte. Enige teenstand is begroet met krete van rassisme, beskuldigings van ʼn terugverlang na apartheid, of ʼn hoonlag dat jy ʼn “rooi of swart gevaar” agter elke bos sien.

Lees verder ‘Hitler, Churchill en persvryheid’

Bladsy 142 van 291« Eerste...10141142143150...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube