Gepubliseer .
Deur: Marietjie van der Walt

Toe ek hoor dat daar gesoek word na vrywilligers om by die hospitaal te gaan uithelp, het ek nie twee keer gedink om my naam op te gee nie. Dit is immers vir n goeie doel.
Ek was opgewonde daaroor maar daar was ook n tikkie vrees in my. Jy hoor tog so baie van die stakers wat mense intimideer.
Lees verder ‘Steve Biko Akademiese Hospitaal 2′
Gepubliseer .
Deur: Risha Oosthuizen

Ek kon nie gou genoeg ja sê nadat ek ʼn uitnodiging ontvang het om te gaan uit help by dié Hospitaal nie. Dit was vir my ʼn voorreg om te kan deel wees van so ʼn geleentheid om my medemens te kon help. Baie dankie ook aan my Werkgewer asook die Bedryfshoofde wat die geleentheid vir my moontlik gemaak het.
Lees verder ‘Steve Biko Akademiese Hospitaal’
Gepubliseer .
Ek weet nie van julle nie, maar ek kry nie tyd vir alles nie. Dis die een ding na die ander en dit voel of mens heeltyd besig is maar nêrens kom nie. En op die ou end wil almal weet hoekom jy hulle afskeep, van jou bankbestuurder tot jou vrou. Maar waaraan spandeer jy jou tyd regtig? Doen my ʼn guns, daar waar jy nou sit, vat ʼn pen en trek vir jou ʼn vertikale en horisontale lyn wat kruis sodat dit vier blokke vorm. Dink nou terug waarmee jy daagliks en weekliks besig is…
Lees verder ‘Waaraan spandeer jy jou tyd?’
Gepubliseer .

'n Beeldhouer se indrukke van Makapan.
Gedurende 1854 het die gemeenskap te Zoutpansbergdorp, later genoem Schoemansdal, aan die hange van die Zoutpansberg floreer. Die dorp was reeds die tweede grootste in die ou Z.A.R. en houthakkery in die berge asook langs die Houtrivier, Bloedrivier, Sandrivier, Dorpsrivier en ander spruite het waardevolle buitelandse valuta gegenereer. Die opbrengs van die jagbedryf het ook van hierdie dorpie ‘n welvarende gemeenskap gemaak. Toegegee, die nedersetting was verafgeleë, weg van Heidelberg, Potchefstroom, Rustenburg en Marico an soveel verder van die hawens vir uitvoer, maar netso was dit ook verder as die ander plekke verwyder van die Engelse.
Lees verder ‘Die geskiedenis van Moorddrift’
Gepubliseer .

Op 4 Mei 1951 het sir Hugh Beaver, destyds die besturende direkteur van die Guinness-brouery, in ʼn argument betrokke geraak oor watter voël die vinnigste in Europa is. Ná ʼn ruk het hy besef dat dit onmoontlik is om dit te bepaal met die bronne wat hy tot sy beskikking gehad het. Hy het gevolglik besluit om ʼn boek saam te stel waarin hy sulke antwoorde aan mense kan verskaf.
Lees verder ‘Raar maar waar – Kan jy dit glo?’
Gepubliseer .
Suid-Afrika is die laaste paar dae geteister deur stakings wat gepaard gegaan het met gewelddadige en onverantwoordelike optrede. ʼn Mens sal Suid-Afrikaners nie kan verkwalik as hulle dink dat werkonderbrekings ʼn vanselfsprekende deel is van die alledaagse lewe nie. Arbeidsoptrede kan ook anders wees en Nederland is ʼn goeie voorbeeld hiervan. Stakings is al so oud soos die aanwesigheid van stede. Reeds duisende jare gelede het mense in die ou Sumerië, Indië, Rome en later in die Middeleeuse stede van Europa geprotesteer teen uitbuiting en slegte werkomstandighede.
Lees verder ‘Venster op Europa’