Bladsy 140 van 291« Eerste...10139140141150...Laaste »

ArgiefBladsy 140 van 291

Wat ‘n katte lewe…

Is jou interne horlosie al so opgewen dat jy elke dag nog voor jou wekker wakker is, of lê en “snooze” jy jou wekker tot op nommer 999? Volgens Makoto Akashi van die navorsingsinstituut van die Yamaguchi Universiteit in Japan, kan jou liggaam se interne horlosie verklaar word deur die hare op jou kop.

Klik hier om na die radio program te luister

Lees verder ‘Wat ‘n katte lewe…’

Om jammer te sê…

Dit wil vir my voorkom asof mense dit al hoe moeiliker vind om die woordjie “jammer” te gebruik. Dit kan natuurlik ook wees dat basiese goeie maniere deesdae by mense ontbreek.

Dit is nie meer “mode” om iemand wat van voor af kom, te groet nie – gluur eerder die persoon fronsend aan óf ignoreer hom/haar. Moenie dankie sê nie – aanvaar alles eerder as vanselfsprekend. Kom dit jou dan nie toe nie? Loop oor almal en trap op soveel mense as moontlik – die gesegde lui mos: Elkeen vir homself en die duiwel vir die res!

Daar is volgens my tóg baie te sê van iemand se karakter in hoe hy ander mense behandel.

CJ Langenhoven het gesê: Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is.

Lees verder ‘Om jammer te sê…’

Aurora gee myn weg op TV

 

Gisteraand was daar ʼn debat op die program  Asikhulume op SABC1. Die debat het gehandel oor die werkers se lot by die goudmyne van Aurora. Die debat het finaal bewys dat Aurora totaal onbevoeg is om die myne te bestuur. Sommer op TV het die direkteur van Aurora, Thulane Ngubane dan ook die myne weggegee. Asof die TV kykers iets daaraan kan doen. Na die tyd het die TV kykers egter 100% gestem dat Aurora onbevoeg is om die myne te bestuur.

Lees verder ‘Aurora gee myn weg op TV’

Entrepreneurskap hou die volk aan die lewe

Entrepreneurskap - of jy warm patats langs die pad verkoop en of jy jou bestuursvaardighede in ‘n konsultasie maatskappy verander het, jy is die hartklop van die Afrikaner se ekonomiese  vooruitgang. Ongeveer 75% van blanke Suid-Afrikaners wat as ryk beskou is in 1994 het formele poste beklee, deesdae is slegs 25% van ryk blanke Suid-Afrikaners afhanklik van die staat of ‘n formele werk.  Dit beteken dat meer en meer blanke Suid-Afrikaners hulle eie besighede begin. Die blanke armoede vraagstuk is ook weer op die tafel, en deur entrepreneurskap kan jy weer jou eie mense uit die nood help en bemagtig met hoop.
Lees verder ‘Entrepreneurskap hou die volk aan die lewe’

Sal ek mielies plant die volgende seisoen?

Jozeph Du Plessis

Hier sit ek as leunstoel boer en speel “Farmville”. Alles het begin met die blog: Wat moet jy in 2011 plant? Nou het die vakbond al ʼn Landbouseminaar aangebied oor die mieliekrisis. Die voorste kenners, boere en landbou-unies is gekry om ʼn mening te gee.

Lees verder ‘Sal ek mielies plant die volgende seisoen?’

Gerrit se mielie storie

Vrydag het die Solidariteit Navorsing Instituut ʼn Landbouseminaar aangebied oor die mieliekrisis  in die land. Daar is al heelwat op die blog berig daaroor. As inleiding het ek die storie van Gerrit vertel. Luister na die storie. Luister na al die klank.

Lees verder ‘Gerrit se mielie storie’

Bladsy 140 van 291« Eerste...10139140141150...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube