Bladsy 11 van 291« Eerste...10111220...Laaste »

ArgiefBladsy 11 van 291

Aanbodkantinflasie oorheers

Inflasie het in September aanhou styg, tot 5,7% jaar tot jaar, teenoor Augustus se syfer van 5,3%. Dit is goed op dreef om die teikenband van 3% tot 6% se boonste grens teen die einde van die jaar te oorskry.

Die feit dat die grootste drywers van inflasie kos, brandstof en elektrisiteit is, verklaar waarom die Suid-Afrikaanse Reserwebank nog nie rentekoerse verhoog het om inflasie aan bande te lê nie. Lees verder ‘Aanbodkantinflasie oorheers’

Wat is die G1000?

 

Die meeste Suid-Afrikaners weet wat die G20 is: die rykste twintig lande ter wêreld wie se leiers gereeld bymekaarkom om oor internasionale sake te beraadslaag.

Die skrywer van hierdie rubriek is ook nog maar net  laas Sondag van hierdie groep gehoor, maar meen dat hulle  interessant genoeg is om Suid-Afrikaners van hulle te vertel en  selfs aan te moedig om hulle voorbeeld te volg.
Lees verder ‘Wat is die G1000?’

Rondlêpolisiewapens

Die gesegde ‘om soos ʼn soldaat sonder sy geweer oorlog toe te gaan’ kan op baie maniere ingesien word. Vir my het daardie gesegde weereens ʼn ander vorm aangeneem toe ek uitvind hoe baie polisielede hul wapens verloor en op watter manier hulle dit verloor het.

Dit is skrikwekkend om te weet dat 1 335 wapens slegs in die 2010-’11 boekjaar weggeraak het of gesteel is. Hierdie wapens het tien-teen-een ʼn hele paar duisend misdade veroorsaak in Suid-Afrika. Dus sal ek dink dat as polisielede hul wapens beter oppas daar tog ʼn afname in misdaad sal wees, hoe klein ook al die persentasie?

Lees verder ‘Rondlêpolisiewapens’

Welkom tuis Gilad!

Gilad Shalit is gister vrygelaat nadat hy meer as 5 jaar gelede as jong Israeli soldaat deur Hamas in Gaza gevang en daar aangehou is. Ek onthou Gilad as `n kamera-sku 19-jarige wat gelyk het asof hy en sy maats oorlog speel in hulle uniforms met gewere wat amper ongeërg by hulle skouers afhang. Die tenger jong man het `n simbool van `n nasie geword, ons almal se kind. Die bekende Israeli gesegde: “אין מחיר לחופש”(Vryheid het nie `n prys nie), laat egter `n wrang smaak in die mond.

Lees verder ‘Welkom tuis Gilad!’

My hel sonder tegnologie

Kollega Piet le Roux het ʼn ruk gelede op my radioprogram op Solidariteit Radio ʼn insetsel gedoen oor die prys om op te hou om die Internet te gebruik. Hy het die vraag geopper: “Sal jy vir ewig ophou om die Internet te gebruik vir R1 miljoen?” Op die oog af lyk R1 miljoen na baie geld, maar ek het my antwoord laas week op hierdie allerbelangrike vraag gekry: ʼn Onomwonde nee! Ja, nee! met ʼn uitroepteken want dit is hoe belangrik tegnologie in my lewe geword het. En dit is verstommend hoe vinnig tegnologie onontbeerlik vir my geword het. Ek was nog altyd bietjie van ʼn tegnofiel/bleeksiel en is mal oor die Internet en wat dit bied, maar hóé belangrik dit vandag vir my is, het nou eers duidelik geword.
Lees verder ‘My hel sonder tegnologie’

‘n Blog vir my ma

Ek dink Ma’s word te min besing!

Ma’s is altyd daar – of jy nog in die huis bly en of jy al oud genoeg is om jou eie potjie te krap. Ja – ʼn Pa is ook daar vir jou, maar ʼn Ma is net “anders”.

Sy sal sommer-net bel om te hoor hoe dit gaan as sy iets in die winkel sien wat haar aan jou herinner.

ʼn Ma se omgee is onvoorwaardelik. ʼn Ma stel altyd haar kinders eerste. ʼn Ma se liefde is onselfsugtig.

Lees verder ‘‘n Blog vir my ma’

Bladsy 11 van 291« Eerste...10111220...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube