Gepubliseer .
Beloon lojaliteit, eis Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het gister ʼn geskil met een van die grootste sementvervaardigers in die land, Lafarge Cement naby Lichtenburg, by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar. Dit volg ná die tweede ronde loononderhandelinge by die sementvervaardiger die afgelope Vrydag op ʼn dooiepunt uitgeloop het. Solidariteit onderhandel namens ambagsmanne by die Lichtenburg-aanleg en eis tans ʼn loonverhoging van 9% terwyl Lafarge slegs 6% aanbied.
Lees verder ‘Solidariteit verklaar geskil met Lafarge Cement in Lichtenburg’
Gepubliseer .
AfriForum Jeug het vandag ʼn skrywe aan die minister in die Presidensie wat vir die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) verantwoordelik is, mnr. Collins Chabane, gerig waarin versoek word dat senior personeel en raadslede van die NYDA hulleself vir 8457 maande (705 jaar) se gemeenskapsdiens moet aanmeld. Hierdie versoek is gerig in die lig van die onlangse aankondiging dat die mislukte “World Festival of Youth and Students” wat verlede jaar in Suid-Afrika aangebied is, meer as R100-miljoen uit belastingbetalers se sakke gejaag het.
Lees verder ‘AfriForum Jeug versoek Minister dat die NYDA vir 705 jaar gemeenskapsdiens aanmeld’
Gepubliseer .

Op die eerste werksdag nadat Jannie Odendaal strafregtelike klagte teen Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte gelê het, is hy hangende ʼn ondersoek geskors, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Odendaal het in die spervuur gekom nadat hy en sy kollegas die voertuig waarin Madikizela-Mandela op 30 Desember gery het, van die M1-Noord afgetrek het omdat die bestuurder na bewering roekeloos en teen ʼn hoë spoed deur die verkeer gevleg het.
Lees verder ‘Jannie Odendaal geskors!’
Gepubliseer .
AfriForum het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) amptelik in terme van die Wet op Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) versoek om alle inligting wat gebruik is om nuwe toltariewe vir Gauteng se hoofweë te bereken, te openbaar. AfriForum wil dié inligting deur kundiges laat ontleed om vas te stel waarom die tariewe “buitensporig” hoog is en om voorstelle te maak oor hoe padverbruikers se las verlig kan word.
Lees verder ‘Tolgeld: AfriForum gebruik wet op toegang tot inligting om te bepaal hoe toltariewe bereken is’
Gepubliseer .
As die sterre in die land is kort dit net ʼn vonkie vir ʼn brand. U2 se Bono het ook nie op hom laat wag nie en hom ʼn kenner van bevrydingslydjies gemaak. Bono het volgens die Sunday Times Malema se: “Skiet die boere” liedjie ondersteun.
Steve Hofmeyer gee op Solidariteitradio sy standpunt.
Lees verder ‘AfriForum standpunt oor Bono’
Gepubliseer .
Al loop die leuen nog so snel die waarheid agterhaal hom wel (Suid-Afrikaanse spreekwoord.)
Hoe vertel jy vir mense dat iemand dood is – al is dit nie waar nie?! Is dit net ek wat dit verskriklik vind?
Hoe gebeur dit dat iemand sulke ondeurdagte onsin versprei? Soek sy aandag? Wil sy kyk wat die reaksie is?
Ek verstaan dit nie!
Lees verder ‘Leuenaar!’