Bladsy 10 van 291« Eerste...9101120...Laaste »

ArgiefBladsy 10 van 291

Kinderbeskerming??

Kinders wat op die roete van en na skole wegraak is weereens ʼn baie warm gesprek in die media, dit nadat Louis de Waal ontvoer en vermoor is. Na aanleiding hiervan het die Gautengse onderwysdepartement dit goed gedink om ʼn veiligheidsprogram in samewerking met die departement van gemeenskapsveiligheid te loods.

Dit is alles goed en wel, maar dit sluit sekere skole uit. Wat moet die res van die skole doen?  ʼn Mens kan mos nie met sekerheid sê ontvoerders, moordenaars en boewe gaan net op hierdie en daardie skole se kinders toeslaan nie?

Lees verder ‘Kinderbeskerming??’

As die ANC ʼn maatskappy was. . .

Wat ʼn week in die politiek. Pres. Zuma het gewys hy kan tog teen korrupte amptenary optree deur onder meer komm. Bheki Cele te skors hangende die uitslag van ʼn korrupsie-ondersoek, en die minister van samewerkende regering tradisionele sake, Sicelo Shiceka, en die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, weens ongerymdhede in die pad gesteek. Daarbenewens het hy ʼn hele paar kabinetskuiwe gemaak. Voorts het hy die regters wat die berugte wapentransaksie gaan ondersoek, se name bekend gemaak. Hierdie kabinetskuiwe is op die oog af ʼn goeie teken: Die ANC en Zuma is ernstig oor korrupsie en daar is amptelike wigte en teenwigte vir hierdie euwel soos in enige demokrasie. Maar hierdie skuiwe is terselfdertyd stille getuienis van die probleme in die regerende party en land.
Lees verder ‘As die ANC ʼn maatskappy was. . .’

Somer

Die somer is hier!

Lekker kuiers om die swembad. Son en skaterlag. Kortbroeke, t-hemde en plakkies.

Dit is darem maar lekker om ʼn vleisie oor die kole te braai. Al die slaaie wat jou laat watertand. Lekker braaibroodjies of pap en sous. Roosterkoek en snoek.

Heerlik!

Lees verder ‘Somer’

Bankkosteverslag (plus meer detail oor OTM-gebruik)

Die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste verslag oor bankkoste is gister bekendgestel. Dit kan op die Solidariteit Navorsingsinstituut se webwerf gevind word, by www.navorsing.co.za.

Baie kortliks gestel het die verslag vanjaar, soos ook in 2010, geblyk dat Capitec steeds oor die algemeen die goedkoopste van die vyf banke in die verslag is, gevolg deur Eerste Nasionale Bank, Nedbank, Standard Bank en Absa. Absa en Standard bank wissel soms plekke, afhangende van watter benadering gebruik word.
Dit is tog ook treffend dat die benadering wat gevolg word, selde ʼn beduidende verskil maak t.o.v. watter bank die goedkoopste of duurste is. Dit dui daarop dat die banke se segmentasie van kliënte volgens inkomstevlakke eintlik grootliks onnodig is.

Een ding wat wel in die verslag behandel word, maar nie so sterk uitgekom het in die mediaberigte daaroor nie, is die koste van OTM-gebruik. Mense is al gewoond gemaak daaraan dat dit baie duur is om geld te onttrek by ʼn ander bank se OTM, en dat hulle daarom die bank met die grootste OTM-netwerk, naamlik Absa, moet gebruik en moet wegbly van banke met ʼn klein OTM-netwerk, soos Capitec. Die waarheid is egter eintlik die teenoorgestelde…
Lees verder ‘Bankkosteverslag (plus meer detail oor OTM-gebruik)’

Selfsug

Martin Luther het gesê: Die mens is in sy selfsug volledig ingebuig op homself.

Om net aan jouself te dink en net gepla te wees oor jou eie behoeftes, is baie selfsugtig!

Dink vir ʼn slag hoe dit ander mense kan beïnvloed, benadeel of bedruk indien jy hulle so behandel. Neem hulle ook bietjie in ag!

As jy jou wil bo alle ander mense sʼn plaas, is jy besig om mense weg te stoot.

Lees verder ‘Selfsug’

Moenie die toekoms vrees nie, want daar is altyd hoop

In 2011 is daar ʼn hele boel probleme wat tans op die Afrikaner as groep inwerk en in die toekoms ʼn wesenlike impak gaan hê. Regstellende aksie gaan die ekonomiese en getalle-situasie van die groep deurlugtig beïnvloed, misdaad bedreig ons mense se fisieke voortbestaan en materiële welstand, ons aanwaskoers is te laag en emigrasie laat ons getalle verder daal terwyl ons skole weens ons eie toedoen en politieke druk verengels. Hiermee saam lyk die prentjie vir die land ewe droewig: Wydverspreide armoede, amptelike en burgerlike rassisme en diskriminasie, groot ongelykhede, die ANC se toenemende dwingelandy en onbevoegdheid, ensovoorts. Dit noop ons om die vraag gevra: As dit nou so gaan, wat van 10, 20 of 30 jaar van nou af?
Lees verder ‘Moenie die toekoms vrees nie, want daar is altyd hoop’

Bladsy 10 van 291« Eerste...9101120...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube