Ouer mense en vroue meer gelukkig by die werk

Daar het jy dit – vroue en ouer werknemers is van die gelukkigste werknemers. ‘n Studie wat hierdie week bekendgestel is toon dat hierdie werknemers baie meer tevrede is as manlike werknemers en jonger werknemers.

Die studie het ook gewys dat mense wat vir tussen een en drie jaar by ‘n enkele maatskappy werk van die gelukkigste is. Hierna neem mense se tevredenheid af, om teen die tyd wat die persoon ‘n dekade of langer by een plek werk weer toe te neem.

Hierdie studie is onder Suid-Afrikaanse werknemers gedoen, maar dit laat my tog oor ‘n paar dinge wonder:

1. Is ons mense werklik gelukkig in hulle werk?

2. Doen maatskappye genoeg moeite om hulle werknemers gelukkig te hou?

3. Hoe kan hulle, hulle mense gelukkig hou?

4. Is ‘n rondspringery tussen werke elke paar jaar die ideaal of doen mense dit bloot omdat hulle verveeld raak?

Tog lyk dit vir my uit daardie studie dat een ding duidelik is: Ons vroue is glad nie so vol nonsens as wat almal beweer nie!

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • JCJFourie

    Dis interessant, maar ek wonder of dieselde van blanke mans gese kan word, gesien in die lig van regstellende aksie – ek is self ‘n blanke man. Is daar nog plek vir blanke mans in SA en is die vraag nie miskien bydraend tot werksgeluk nie?

  • Henry Barnes

    Nee nee!!! Vrouens is gelukkiger in hul werk omrede hul lekker kan skinder en die ouer gaarde naby aan pensioen is. Ek grap net!!!!!!!!! Ek wonder party keer dat die werk waarin sekere mense vandag in sit dit hulle werklik bevredig. In vandag se tyd moet meeste mense ‘n werk vat wat hulle kan kry om vir die familie te sorg. Met die rassistiese regstellende aksie deesdae is dit min dat blankes werklik hul passie in ‘n loopbaan kan uitleef.Ons moet vas staan in ons geloof tot die drie enig God, want onthou ons is God se volk en hy sal ons nie verlaat nie, maar moet ons Sy Aangesig aanroep en op Hom bly vertrou.

  • Elize

    Ouer vroue/mense het nie meer nodig om hulself te ‘bewys’ nie, bloot omdat hul teen die tyd hul vrmoeens ken, en dit hul werk gemaak het om ‘on top of their jobs’ te wees. KENNIS bly tog maar op die einde van die dag ‘n magtige wapen, iets wat deur die jare opgebou is en wat niemand van jou kan wegneem nie. Daarom raak jou werk na 3jr vervelig, want dit is nie meer ‘n uitdaging nie…! Die mens word gestimuleer deur nuwe uitdagings…kan ek dit doen, kan ek dit nie doen nie? Ek sal jou WYS ek kan dit doen! En ja, dit is presies waar ons jong mense nou is….die ouer garde…’been there, done that!’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube