Opsoek na “iets beters”

Een ding waaroor ek altyd wonder, is hoe party mense dit regkry om ander net te gebruik. Hulle geniet die aandag van die persoon wat in hulle belangstel, maar hulle wil nie regtig verbind word aan hom/haar nie. Hulle wag nog vir die regte persoon om sy/haar opwagting te maak. Tóg wil hulle nie alleen wees nie. Hulle wil ook nie in ʼn verhouding wees nie. Hulle is altyd opsoek na “iets beters”! Hulle besef nie dat hulle waarskynlik reeds die beste het nie.

Dit gaan my verstand te bowe.

Ek vermoed dat so ʼn persoon nie besef wat hy/sy het nie. Daar word woer-woer gespeel met ‘n ander mens se gevoelens.

As jy nie regtig gelukkig is met iemand waarmee jy so ʼn los-vas-verhouding aanknoop nie, waarom doen jy dit dan? Waarom sê jy nie net reguit vir die verliefde ou of meisie dat jy nie belangstel nie?

Dit is uiters selfsugtig!

Die ander persoon hou aan hoop en glo dat julle “eendag” gelukkig sal wees. Die kanse is egter uiters skraal.

Die ander kant van die munt is seker ook daar: die persoon gee nie om dat hy/sy gebruik word nie.

Ek glo egter nog steeds dat dit oneerlik is om iemand aan ʼn lyntjie te hou vir wie jy nie genoeg voel nie.

Gewoonlik besef mens mos eers die waarde van iets (of iemand) wanneer jy dit verloor…

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Bril

    Uit die pen van die duitse digter Wilhelm Busch:’Daarom proef die een wat homself ewig wil bind, of hy nie iets beter vind’.

  • Dawid Geyer

    was ook getroud en geskei,het altyd gehelp met kosmaak en skoonmaak ens,as my ex vir n naweek wou weggaan dan was ek goed genoeg,maandag was alles dan soos na ons geskei was,ek het besluit om haar glad nie meer te kontak nie en antwoord ook nie as sy bel nie,ek voel of ek net gebruik was

  • Carina

    Ek stem saam met Cutman, Ilse.

  • Cutman

    Ilse, gaan soek iemand wat jou gaan waardeer, jy is die beste vir  ?, maar ? is nie die man(beste) vir jou nie, jy kan en verdien beter.

  • Ilse

    Ek stem volkome saam oor die gesprek.  Ek is nou al ± 9 jaar in ‘n verhouding met ‘n man en ken hom 12 jaar &  tot vandag toe kon hy nooit my vra om met te trou nie -  ek kry ook nou die gevoel hy is net heeltyd besig om te soek na iets beters, terwyl hy die beste het.  Ek is getrou & werk hard elk dag in werk loopbaan  doen my eie huiswerk ook bv, kos, klere, huis, skryk & dan ry elke dag nog ver werk toe & terug, waar hy 4km van sy werk af bly. Ek is ook ‘n baie netjiese mens wat hou van dissipline & goeie waardes. Waar hy net die teenoorgestelde is & nooit aanbied om iets te begin maak vir aand-ete nie.  Nou vra ek my die vraag af wat wil hy dan hê. Hy kan net by die huis kom tv kyk of games speel of kastig studeer waarmee hy ook al vir die afgelope 7jaar besig is.  Nou vra ek myself af wat wil hy nou eintlik hê!!




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube