Daar is ‘n oplewing van die ver-regses in Suid-Afrika, maar waar en hoe? Die Suidlanders berei voor vir Uhuru, die ”nag van die langmesse” en probeer boere mobiliseer. Die HNP hou kiesers van die stembusse weg, die AWB kry ‘n tweede asem en die Kommandokorps lei Afrikaners militêr op. Die Boerevryheidstigting is besig met ‘n waterskeidingsaak in die hoogeregshof en die Suid-Afrikaanse Intelligensiediens samel vermeende bomplanters in asof dit ‘n stokperdjie is.
Perspektief, die ondersoekende nuusprogram op www.solidariteitradio.co.za, praat met al dié organisasies en vind uit waarmee hulle besig is en hoe hulle die toekoms van Suid-Afrika sien. Party vertel van die gevaartekens, ander sê die vyand is besig om ons te oorwin maar almal het een ding in gemeen: Eendracht maakt magt. My filosofie is dat mens eers ander mense moet probeer verstaan voor mens poog om hulle jou saak te laat verstaan. En dit is waarom ek gaan ondersoek instel het.
Luister na Dr. Lets Pretorius regstreeks vanuit die hoogeregshof, hy is tans ‘n aangeklaagde in die sogenaamde boeremag-hofsaak en hy vertel wat gebeur het en hoekom dit gebeur het. Luister na Ben Geldenhuys van die Verkenners, die leier van die Suidlanders mnr. Gustav Muller, leier van die HNP mnr. Andries Breytenbach en die Sekretaris Generaal van die AWB, mnr. Andre Visagie.
As ‘n mens jou volk kies, dan beteken dit jy kies die ekstreme regses, die boer, die ekstreme liberalis en die apatiese Afrikaner. Leer jou mense ken, verstaan altyd eers die ander kant voor jy jou eie kant verduidelik.
Perspektief, elke Vrydag om 12:00 op www.solidariteitradio.co.za , die program kan ook enige tyd daarna van die webtuiste afgelaai word om te luister.
Geen verwante artikels nie.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.