Vandag reis Solidariteit Radio weer die wêreld vol in Wêreldwyd op Woensdag. Skakel 12:00 in by www.solidariteitradio.co.za.
Carina gesels met Trudie Janse van Vuuren – ‘n Suid-Afrikaner wat in Austalië woon.
Audrey se storie gaan oor haar reis na Roemenië – sy sê: “Brasov is diep in die berge en ek is met die trein soontoe. Dis naby die dorp Bran waar ‘Dracula’ se kasteel is en die Dracula-flieks is hier gemaak.”
Daleen sê: “Feite en gebruike kuier vandag in Singapoer, ‘n eiland met ‘n kleurryke bevolking, ryk kultuurlewe en baie om te doen!”
Plekkies in ons land reis na Utrecht saam met Charl Oberholzer.
Ingrid gesels oor die ekonomiese krisis en watter impak dit op Europa het.
Heleen gee weer vir ons ‘n paar wenke.
Martie en Jana: Ontdek jou passie!
Het jy familie of vriende wat oorsee woon en werk? Stuur vir ons hul e-posadresse sodat ons met hulle in verbinding kan tree vir ‘n moontlike radio onderhoud na radio@solidariteit.co.za.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.