Die naweek is daar ʼn nuwe fokus op plaasmoorde geplaas. Sien SABC2 en lees Beeld. Een van die persone betrokke was dr Duncan Prinsloo. Ek ken hom baie goed. Hy en my oorlede Pa het geskiedenis gemaak deur ʼn wêreldrekord te bereik met die meeste kalwers wat met een embrio spoeling gebore is. Daar is 64 embrio’s gespoel van een koei, ʼn Beefmaster waarvan 48 embrio’s oorgeplant is en op die einde 24 kalwers gebore is. Dit was ʼn wêreldrekord en in Suid-Afrika bereik. Sy vrou Letitia was sy assistent wat die embrio’s uitgesoek het.
My hart was stukkend toe ek Oom Duncan gisteraand op die TV sien. Ek en hy het ook embrio’s gespoel na my Pa se dood. In die blog is daar ook al gereeld geskryf hou gevaarlik boerdery is. ‘n Groep op Faceboek wat vir die boere veg is: SAVE OUR FARMERS en een teen misdaad is: Gatvol vir Misdaad









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.