Vandag skryf Pik Botha in die Beeld: Ons kon ons voet stewiger neergesit het. Aan die een kant is die artikel ʼn erkenning dat die NP gefaal het met hul onderhandeling met die ANC. Aan die ander kant openbaar Pik groot leierskap om te erken foute is gemaak en dat hy aktief poog om dit te help regstel. Die kommentaar van lesers na die tyd herinner Pik ook dan dat 15 jaar later is die Afrikaner in ʼn gemors. In die referendum van 1992 het die kiesers ʼn geleentheid gehad om Ja of Nee te stem. Met die mandaat het die NP ook dan die mag aan die ANC oorhandig.
Op 15 Julie 2007 berig Rapport dat Pik noem dat die ANC lieg. Ek het nog die voorblad foto vir die koerant geneem.
ʼn Miljoen wittes het reeds geëmigreer na 1994. Daar is 400 000 arm blankes. Die res wat oorgebly het wil die land laat werk. Die gemors gaan ook nie in die nabye toekoms verdwyn nie. Daar moet eerder planne gemaak word om dit te laat werk en aan te pas. Hier is Solidariteit se leuse: Skep jou eie toekoms.
Geen verwante artikels nie.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.