
Met die eerste besoek aan Zuma is 23 000 briewe geneem. Nou word meer as 100 000 boodskappe beplan. Foto: N Engelbrect Sapa
Volgende Dinsdag is daar weer ʼn afspraak gemaak met president Zuma in Kaapstad. Dit is dubbel en dwars bevestig dat hy dit sal ontvang. Sien die vorige briewe het kleintjies gekry. Die keer kom Solidariteit nie met 23 000 briewe nie maar wil met meer as 100 000 boodskappe opdaag oor misdaad. Lees Beeld. Tans is meer as 67 444 boodskappe reeds ontvang en nog boodskappe stroom in.
Lees ook die nuwe Misdaadbrief aan Zuma wat aan die ondersteuners van die veldtog gestuur is.
Solidariteit mik nou vir 100 000 boodskappe aan Zuma
Solidariteit het vandag ʼn reuse veldtog afgeskop om die teen-misdaadboodskappe aan president Zuma op te skuif na 100 000. Dit volg nadat president Zuma bevestig het dat hy volgende Dinsdag die boodskappe van gewone Suid-Afrikaners teen misdaad gaan ontvang. Die presidensie het drie weke gelede geweier om 23 000 briewe waarin Suid-Afrikaners protes aanteken teen die min tyd wat misdaad in die president se staatsrede gekry het, in ontvangs te neem. Intussen het die aantal boodskappe aan president Zuma na meer as 60 000 gestyg.
“Ons mik nou na 100 000 boodskappe. Dit sal een van die sterkste boodskappe wees wat ʼn regering nog oor ʼn kwessie gekry het. Ons het nou slegs ses dae om boodskappe aan die president te stuur. Ons moedig alle mense wat sterk voel oor die misdaadkrisis in die land aan om deel te neem aan die veldtog. Die 23 000 briewe drie weke gelede was ʼn sterk boodskap, maar 100 000 boodskappe kan nie geïgnoreer word nie,” het Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.
Solidariteit het ook verlede week ʼn video bekend gestel waarin mense hulle stories aan die president vertel. Die video is op verskeie webblaaie gepubliseer en mense dwarsoor die wêreld het gekyk en geluister na die briewe wat president Zuma nie wou aanvaar nie. Die video kan op www.stube.co.za gekyk word.
“Die mense wou aan president Zuma vertel van hulle pyn en vrees as gevolg van misdaad. Hulle was uiters teleurgesteld oor die feit dat die presidensie nie die briewe wou aanvaar nie. Hulle het gevoel dit is ʼn klap in hulle gesig. Dit het mense egter meer vasberade gemaak om hulle boodskap oor te dra. Die momentum is landswyd nou so groot dat dit byna onkeerbaar is.”
Solidariteit het in sy poging om 100 000 boodskappe voor Dinsdag te kry duisende SMS’e en e-posse uitgestuur. Facebook-groepe, blogs en Twitter word ingespan vir die veldtog.
Indien mense wil deelneem aan die veldtog kan hulle ʼn brief direk aan president Zuma stuur by www.geagtepresident.co.za. Mense wat nie toegang het tot die internet nie kan bloot die woord “misdaad” SMS na 35960. Sms’e kos R3.









http://www.facebook.com/profile.php?ref=profile&id=1026941238#!/photo.php?pid=31029279&id=1026941238
Mede-Afrikaners, groot dank aan Solidariteit vir dit waarmee hulle besig is. U kan nou ook meehelp om elke moord vanaf 1994 by http://www.projek2010.co.za te registreer. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog is 28 000 vroue en kinders in konsentrasiekampe vermoor. Die vermoede is baie sterk dat die moordsyfer sedert 1994 hierdie syfer alreeds verbygesteek het. Kom help asb sodat ons elke onskuldige druppel bloed wat gestort is, kan registreer. Vertel aan elkeen wat u teenkom van PROJEK-2010 sodat hulle wie se lewens van hulle baie keer op brutale wyses geneem is, nie in ‘n statistiek verdwyn nie.
Genoeg is genoeg – MOORD en ROOF ia die vyand. “as iemand met lus die lewe van ‘n ander neem, dan moet die (moordenaar) se lewe geneem word – DOODSTRAF…