Twintig jaar verder is ons steeds kwaad vir FW, Dawie, Leon, Pik en Roelf oor die onderhandeling. Soos Boetman sal sê die bliksem in. FW handhaaf sy posisie dat daar geen ander keuse was nie. Geen wonder hulle was sulke treurige onderhandelaars.
Om die geleentheid te herdenk reken die vakbond Numsa dat De Klerk geen rol gespeel het in die beëindiging van apartheid.
Numsa het ʼn punt beet in hul verklaring. De Klerk het bloot net oorgegee. En nou is FW ontsteld en praat hard met ontnugterde wittes.
Onderhandeling gaan oor gee en neem. Die destydse NP het egter nooit vir hulself uitgeklaar wat is wat hul finaal wil behou nie. Daarom het hul maar net boedel oor gegee. FW het goed afgeskop en die inisiatief verkry met sy 2 Februarie 1990 toespraak en stappe wat hy geneem het. Dit is egter waar sy denke gestop het. In 1992 is die Potchefstroom tussenverkiesing en ʼn klomp malkop studente stuur hulle sy kandidaat Theuns Kruger met die kous oor die kop huis toe. Paniek slaan toe en dit is die referendum wat hy met twee derdes wen.
FW kon dus gaan onderhandel maar sy span het nie geweet hoe om dit te doen nie. Hulle het nie ʼn minimum posisie gehad nie. Dalk omdat hul nog nooit in hul lewe onderhandel het nie. Eerder omdat hul nie die taal van Afrika verstaan het nie.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.