Nou is ons steeds kwaad vir FW

n2

Twintig jaar verder is ons steeds kwaad vir FW, Dawie, Leon, Pik en Roelf oor die onderhandeling. Soos Boetman sal sê die bliksem in. FW handhaaf sy posisie dat daar geen ander keuse was nie. Geen wonder hulle was sulke treurige onderhandelaars.
Om die geleentheid te herdenk reken die vakbond Numsa dat De Klerk geen rol gespeel het in die beëindiging van apartheid.

Numsa het ʼn punt beet in hul verklaring. De Klerk het bloot net oorgegee. En nou is FW ontsteld en praat hard met ontnugterde wittes.

Onderhandeling gaan oor gee en neem. Die destydse NP het egter nooit vir hulself uitgeklaar wat is wat hul finaal wil behou nie. Daarom het hul maar net boedel oor gegee. FW het goed afgeskop en die inisiatief verkry met sy 2 Februarie 1990 toespraak en stappe wat hy geneem het. Dit is egter waar sy denke gestop het. In 1992 is die Potchefstroom tussenverkiesing en ʼn klomp malkop studente stuur hulle sy kandidaat Theuns Kruger met die kous oor die kop huis toe. Paniek slaan toe en dit is die referendum wat hy met twee derdes wen.    

FW kon dus gaan onderhandel maar sy span het nie geweet hoe om dit te doen nie. Hulle het nie ʼn minimum posisie gehad nie.  Dalk omdat hul nog nooit in hul lewe onderhandel het nie. Eerder omdat hul nie die taal van Afrika verstaan het nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.solidariteit.co.za Paul Joubert

    Kyk bietjie na die ekonomiese realiteit van daardie tydperk, J Coetzer. Die betalingsbalansposisie was onhoudbaar. Daar was byna nie meer ‘n appel en ‘n ei oor in die land se reserwekluise nie…

  • J. Coetzer

    Die feit dat hy “moes” oorgee, is bollie. Ons as Suidafrikaners het niks van geen ander land benodig nie, als wat ons wou het ons self vervaardig en gemaak. Het ‘n kragstasie gebou en het meer as 80% van alles in Suid Afrika vervaardig, maar nou word 90% deur oorsese maatskappye vervaardig. Belaglik as jy my vra! Weet werklik nie waaroor ou FW bekommerd was nie, want die wereld is nie dom nie, hulle sou in elk geval die steenkool, goud, diamante, platinum ens gekoop het…so gepraat van dom, inteendeel is die buiteland baie slim, los laat ‘n land homself vernietig en dan kom hulle op die “witperd” en lyk stunning en koop die goed waarvoor hulle so duur betaal het vir ‘n appel en ‘n ui.

    Die regering van ouds het die gewoonte gehad om net oor te gee, daar is die Anglo boere oorlog, hoeveel mense sterf vir die veg vir Suidwes. En wat gebeur, hulle gee dit toe ook net oor. Goeie nuus vir ons mense, want dit wys dat mens moet leer uit die verlede en die nuwe regering verstaan daai ene gelukkig nie lekker nie!

  • Renet

    ek het nog nooit gehoor of gelees van ‘n leier wat sy volk verkoop het soos “de klerkie” nie. Nie eers die Ou Testamentiese Konings het so iets gedoen nie. En alles gaan oor geld. Wonder net hoeveel silver het die Judas gekry om die Blanke Suid-Afrikaner te verloeën? Hy pleeg trou breuk aan sy vrou, verkoop sy volk, en dan wil hy nog die room van die kan melk hê? Hoe stupid kan ons nog wees!




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube